Esegiël 25:1-17

  • Profesie teen Ammon (1-7)

  • Profesie teen Moab (8-11)

  • Profesie teen Edom (12-14)

  • Profesie teen Filistea (15-17)

25  Jehovah het weer met my gepraat en gesê:  “Mensekind, draai jou gesig na die Ammoniete+ en profeteer teen hulle.+  Jy moet oor die Ammoniete sê: ‘Hoor die woord van die Soewereine Heer Jehovah. Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Omdat jy ‘Aha!’ teen my heiligdom gesê het toe dit ontheilig is, en teen die land van Israel toe dit verwoes is, en teen die huis van Juda toe hulle in ballingskap gegaan het,  gee ek jou aan die mense van die Ooste as ’n besitting. Hulle sal kampe* rondom jou opslaan en hulle tente tussen julle oprig. Hulle sal jou vrugte eet en jou melk drink.  Ek sal Rabba+ ’n weiveld vir kamele maak en die land van die Ammoniete ’n rusplek vir die kudde, en julle sal moet weet dat ek Jehovah is.”’”  “Want die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Omdat jy jou hande geklap het+ en jou voete gestamp het en jy die land van Israel bespot en uitgelag het,+  sal ek my hand teen jou uitsteek om jou aan die nasies te gee as iets om te beroof. Ek sal jou onder die volke uitroei en jou uit die lande vernietig.+ Ek sal jou uitroei, en jy sal moet weet dat ek Jehovah is.’  “Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Omdat Moab+ en Seïr+ gesê het: “Kyk! Die huis van Juda is soos al die ander nasies,”  ontbloot ek Moab se berghange* by sy grensstede, die prag* van sy land: Bet-Jeʹsimot, Baäl-Meon en tot by Kirjataʹim.+ 10  Ek sal dit saam met die Ammoniete as ’n besitting gee aan die mense van die Ooste,+ sodat die Ammoniete nie onder die nasies onthou sal word nie.+ 11  En ek sal die mense in Moab oordeel en straf,+ en hulle sal moet weet dat ek Jehovah is.’ 12  “Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Edom het wraak geneem teen die huis van Juda, en deur dit te doen, het hulle ’n groot skuld op hulle gelaai.+ 13  Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah: “Ek sal ook my hand teen Edom uitsteek en mens en dier daar uitroei, en ek sal dit ’n verlate plek maak.+ Van Teman af tot by Dedan sal hulle met die swaard doodgemaak word.+ 14  ‘Ek sal wraak neem op Edom deur die hand van my volk Israel.+ Hulle sal my groot woede teen Edom bring sodat hulle my wraak ondervind,’+ sê die Soewereine Heer Jehovah.”’ 15  “Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Omdat die Filistyne altyd net vyandig was, het hulle kwaadwillig* probeer wraak neem en verwoesting probeer veroorsaak.+ 16  Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah: “Ek steek my hand teen die Filistyne uit,+ en ek sal die Keretiete uitroei+ en die res van die inwoners van die seekus vernietig.+ 17  Ek sal groot dade van wraak oor hulle bring, en hulle in my groot woede straf, en hulle sal moet weet dat ek Jehovah is wanneer ek my wraak oor hulle bring.”’”

Voetnote

Of “ommuurde kampe”.
Of “flank”.
Of “sieraad”.
Of “met minagting in die siel”.