Esegiël 31:1-18

  • Val van Egipte, die hoë sederboom (1-18)

31  In die 11de jaar, in die derde maand, op die eerste dag van die maand, het Jehovah weer met my gepraat en gesê:  “Mensekind, sê vir Farao, die koning van Egipte, en die skares saam met hom:+ ‘Soos wie is jy in jou grootheid?   Daar was ’n Assiriër, ’n sederboom op die Liʹbanon-berge,met pragtige takke en digte blare wat skaduwee gee, ’n hoë boom. Die top daarvan was tussen die wolke.   Die waters het dit groot laat groei, en die diep waterfonteine het dit hoog laat groei. Daar was strome al om die plek waar dit geplant is. Die kanale het al die bome van die veld van water voorsien.   Daarom het dit hoër as al die ander bome van die veld gegroei. Die takke het meer geword en het lank gewordas gevolg van die oorvloedige water in die strome.   Al die voëls van die hemel het in die takke nes gemaak. Al die wilde diere van die veld het onder die takke geboorte gegee,en al die groot nasies het in die skaduwee gewoon.   Dit het pragtig geword en lang takke gekry,want sy wortels het tot in oorvloedige waters gegaan.   Geen ander sederboom in die tuin van God+ kon daarmee vergelyk word nie. Geen jenewerboom het sulke takke gehad nie,en geen plataanboom het sulke takke gehad nie. Geen ander boom in die tuin van God was so mooi nie.   Ek het dit mooi gemaak, met baie blare,en al die ander bome van Eden, die tuin van die ware God, was jaloers daarop.’ 10  “Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah: ‘Omdat hy* hoog geword het en hy sy top tot tussen die wolke opgelig het en sy hart hoogmoedig geword het omdat hy so hoog was, 11  sal ek hom in die hand van die magtige heerser van die nasies gee.+ Hy sal beslis teen hom optree, en ek sal hom verwerp as gevolg van sy goddeloosheid. 12  En uitlanders, die wreedste manne van die nasies, sal hom afkap, en hulle sal hom op die berge laat lê, en sy blare sal in al die valleie val, en sy takke sal gebreek in al die strome van die land lê.+ Al die volke van die aarde sal uit sy skaduwee weggaan en hom daar laat lê. 13  Al die voëls van die hemel sal woon op sy stam wat omgeval het, en al die wilde diere van die veld op sy takke.+ 14  Dit is sodat nie een van die bome naby die waters so hoog sal word of sy top tot tussen die wolke sal oplig nie, en sodat geen boom wat baie water kry, so hoog sal word nie. Want hulle sal almal aan die dood oorgegee word, aan die land daar onder, saam met die mensekinders, dié wat in die graf afgaan.’ 15  “Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Op die dag dat hy in die Graf* afgaan, sal ek ’n getreur veroorsaak. Daarom sal ek die diep waters bedek en sy strome terughou sodat daar nie meer oorvloedige waters sal wees nie. Ek sal die Liʹbanon-berge laat donker word as gevolg daarvan, en al die bome van die veld sal uitdroog. 16  Die geluid van sy ondergang sal nasies laat bewe wanneer ek hom in die Graf* laat afgaan saam met dié wat in die put* afgaan, en al die bome van Eden,+ die mooistes en die bestes van die Liʹbanon-berge, almal wat baie water kry, sal in die land daar onder vertroos word. 17  Hulle het saam met hom in die Graf* afgegaan, na dié wat met die swaard doodgemaak is,+ saam met sy ondersteuners* wat onder die nasies in sy skaduwee gewoon het.’+ 18  “‘Watter boom van Eden was so indrukwekkend en groot soos jy?+ Maar jy sal beslis saam met die bome van Eden na die land daar onder afgebring word. Jy sal lê tussen dié wat nie besny is nie, saam met dié wat met die swaard doodgemaak is. Dit sal met Farao en al sy skares gebeur,’ sê die Soewereine Heer Jehovah.”

Voetnote

Lett. “jy”.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Of “graf”.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Lett. “arm”.