Esegiël 42:1-20

  • Eetkamers (1-14)

  • Vier sye van tempel gemeet (15-20)

42  Toe het hy my na die noordekant van die buitenste voorhof geneem.+ En hy het my na die eetkamerblok gebring wat langs die oop ruimte+ noord van die oorkantste gebou+ was.  Die noordelike ingang was 100 el* lank en 50 el breed.  Dit was tussen die binneste voorhof, wat 20 el breed was,+ en die plaveisel van die buitenste voorhof. Die galerye was oorkant mekaar en was drie verdiepings hoog.  Voor die eetkamers* was daar ’n binneste gang,+ 10 el breed en 100 el lank,* en die ingange het noord gekyk.  Die boonste eetkamers van die gebou was nouer as dié op die middelste en onderste verdiepings, want die galerye het meer ruimte opgeneem.  Dit was drie verdiepings hoog, maar dit het nie pilare gehad soos die pilare van die voorhowe nie. Daarom was daar minder vloerruimte as op die onderste en die middelste verdiepings.  Naby die eetkamers langs die buitenste voorhof wat oorkant die ander eetkamers was, was daar ’n buitenste klipmuur wat 50 el lank was.  Die eetkamers langs die buitenste voorhof was 50 el lank, maar die eetkamers oorkant die heiligdom was 100 el lank.  Daar was ’n ingang aan die oostekant wat van die buitenste voorhof na die eetkamers toe gelei het. 10  Daar was ook eetkamers agter* die klipmuur van die voorhof aan die oostekant, naby die oop ruimte en die gebou.+ 11  Voor die eetkamers was daar ’n gang, net soos by die eetkamers aan die noordekant.+ Die eetkamers was net so lank en breed soos die ander en het dieselfde uitgange en uitleg gehad. Hulle ingange 12  was soos die ingange van die eetkamers aan die suidekant. Daar was ’n ingang aan die begin van die gang, voor die aangrensende klipmuur wat aan die oostekant was, waar iemand kon inkom.+ 13  Toe het hy vir my gesê: “Die eetkamers aan die noordekant en die eetkamers aan die suidekant wat langs die oop ruimte+ is, is die heilige eetkamers waar die priesters wat Jehovah nader, die besonder heilige offerandes eet.+ Hulle sit die besonder heilige offerandes, die graanoffer, die sonde-offer en die skuldoffer hier neer, want hierdie plek is heilig.+ 14  Wanneer die priesters inkom, mag hulle nie uit die heiligdom na die buitenste voorhof gaan voordat hulle die klere uittrek waarin hulle diens doen nie,+ want hierdie klere is heilig. Hulle moet ander klere aantrek as hulle na die dele wil gaan waar die volk toegelaat word om te gaan.” 15  Toe hy die binneste tempelgebied* klaar gemeet het, het hy my uitgebring deur die poort wat oos kyk,+ en hy het die hele area gemeet. 16  Hy het die oostekant met die meetriet* gemeet, en dit was 500 riet van die een kant na die ander kant. 17  Hy het die noordekant met die meetriet gemeet, en dit was 500 riet. 18  Hy het die suidekant met die meetriet gemeet, en dit was 500 riet. 19  Hy het omgegaan na die westekant toe. Hy het 500 riet met die meetriet gemeet. 20  Hy het die vier kante gemeet. Dit het ’n muur reg rondom gehad+ wat 500 riet lank was en 500 riet breed,+ om ’n skeiding te maak tussen wat heilig is en wat vir algemene gebruik is.+

Voetnote

Verwys na die lang el. Sien Aanh. B14.
Of “vertrekke”.
Volgens die Griekse Septuagint, “100 el lank”. Die Hebreeuse teks sê: “’n weg van een el.” Sien Aanh. B14.
Lett. “in die breedte van”.
Lett. “huis”.