Esegiël 48:1-35

  • Verdeling van land (1-29)

  • Die 12 poorte van die stad (30-35)

    • Stad word “Jehovah Is Daar” genoem (35)

48  “Hier volg die name van die stamme, van die noordelike punt af: Dan se deel+ strek langs die weg van Hetlon tot by Lebo-Hamat*+ en Hasar-Enan, langs die grens van Damaskus, noordwaarts, langs Hamat,+ en dit strek van die oostelike grens tot by die westelike grens.  Aser se deel+ is aan die grens van Dan, van die oostelike grens af tot by die westelike grens.  Nafʹtali se deel+ is aan die grens van Aser, van die oostelike grens af tot by die westelike grens.  Manasʹse se deel+ is aan die grens van Nafʹtali, van die oostelike grens af tot by die westelike grens.  Eʹfraim se deel is aan die grens van Manasʹse,+ van die oostelike grens af tot by die westelike grens.  Ruben se deel is aan die grens van Eʹfraim,+ van die oostelike grens af tot by die westelike grens.  Juda se deel is aan die grens van Ruben,+ van die oostelike grens af tot by die westelike grens.  Aan die grens van Juda, van die oostelike grens af tot by die westelike grens, moet die bydrae wat julle opsysit, 25 000 el* breed wees,+ en die lengte moet ooreenstem met die ander stamdele van die oostelike grens af tot by die westelike grens. Die heiligdom moet in die middel daarvan wees.  “Die bydrae wat julle vir Jehovah opsy moet sit, moet 25 000 el lank en 10 000 el breed wees. 10  Dit sal die heilige bydrae vir die priesters wees.+ Dit sal 25 000 el aan die noordekant wees, 10 000 aan die westekant, 10 000 aan die oostekant en 25 000 aan die suidekant. Die heiligdom van Jehovah moet in die middel daarvan wees. 11  Dit moet wees vir die geheiligde priesters uit die seuns van Sadok,+ wat hulle verantwoordelikhede teenoor my nagekom het en wat nie afgedwaal het toe die Israeliete en die Leviete afgedwaal het nie.+ 12  Hulle moet ’n deel kry van die bydrae van die land wat as iets besonder heiligs opsygesit is, aan die grens van die Leviete. 13  “Reg langs die gebied van die priesters moet die Leviete ’n deel ontvang wat 25 000 el lank en 10 000 el breed is. (Die hele lengte sal 25 000 el wees, en die breedte 10 000 el.) 14  Hulle mag niks daarvan verkoop of verruil of enige deel van hierdie beste deel van die land aan iemand anders oordra nie, want dit is iets heiligs vir Jehovah. 15  “Die oorblywende gebied wat 5 000 el breed is en langs die grens van 25 000 el is, moet vir die stad se algemene gebruik wees,+ vir behuising en vir weivelde. Die stad sal in die middel daarvan wees.+ 16  Dít is die stad se afmetings: Die noordekant is 4 500 el, die suidekant is 4 500 el, die oostekant is 4 500 el en die westekant is 4 500 el. 17  Die weiveld van die stad sal 250 el aan die noordekant wees, 250 el aan die suidekant, 250 el aan die oostekant en 250 el aan die westekant. 18  “Die lengte van die oorblywende deel moet met die heilige bydrae+ ooreenstem: 10 000 el aan die oostekant en 10 000 el aan die westekant. Dit moet met die heilige bydrae ooreenstem, en die opbrengs daarvan sal kos voorsien aan dié wat die stad dien. 19  Dié uit al die stamme van Israel wat die stad dien, sal dit bewerk.+ 20  “Die hele bydrae is 25 000 el by 25 000 el. Julle moet dit saam met die stadsbesitting opsysit as die heilige bydrae. 21  “Wat aan albei kante van die heilige bydrae en die stadsbesitting oorbly, sal aan die hoofman behoort.+ Dit moet langs die grense van 25 000 el wees wat oos en wes van die bydrae is. Dit moet ooreenstem met hierdie aangrensende dele, en dit sal vir die hoofman wees. Die heilige bydrae en die heiligdom van die tempel moet in die middel daarvan wees. 22  “Die besitting van die Leviete en die stadsbesitting moet in die hoofman se gebied wees. Die hoofman se gebied moet tussen die grens van Juda+ en die grens van Benjamin wees. 23  “En wat die res van die stamme betref, Benjamin se deel is van die oostelike grens tot by die westelike grens.+ 24  Siʹmeon se deel is aan die grens van Benjamin,+ van die oostelike grens tot by die westelike grens. 25  Isʹsaskar se deel+ is aan die grens van Siʹmeon, van die oostelike grens tot by die westelike grens. 26  Seʹbulon se deel is aan die grens van Isʹsaskar,+ van die oostelike grens tot by die westelike grens.+ 27  Gad se deel is aan die grens van Seʹbulon,+ van die oostelike grens tot by die westelike grens. 28  Die suidelike grens aan die grens van Gad sal strek van Tamar+ tot by die waters van Meʹribat-Kaʹdes,+ na die Vallei*+ en dan tot by die Grootsee.* 29  “Dit is die land wat julle as ’n erfdeel onder die stamme van Israel moet verdeel,+ en dit sal hulle dele wees,”+ sê die Soewereine Heer Jehovah. 30  “Die stad moet die volgende uitgange hê: Die noordekant moet 4 500 el wees.+ 31  “Die poorte van die stad moet na die stamme van Israel vernoem word. Daar sal drie poorte aan die noordekant wees: een poort vir Ruben, een poort vir Juda en een poort vir Levi. 32  “Die oostekant moet 4 500 el wees, en daar is drie poorte: een poort vir Josef, een poort vir Benjamin en een poort vir Dan. 33  “Die suidekant moet 4 500 el wees, met drie poorte: een poort vir Siʹmeon, een poort vir Isʹsaskar en een poort vir Seʹbulon. 34  “Die westekant moet 4 500 el wees, met drie poorte: een poort vir Gad, een poort vir Aser en een poort vir Nafʹtali. 35  “Die omtrek moet 18 000 el wees, en die naam van die stad sal van daardie dag af wees: Jehovah Is Daar.”+

Voetnote

Of “die ingang van Hamat”.
Verwys na die lang el. Sien Aanh. B14.
Die Middellandse See.
D.w.s. die Wadi van Egipte.