Aan die Hebreërs 1:1-14

  • God praat deur middel van sy Seun (1-4)

  • Seun hoër as engele (5-14)

1  God het lank gelede by baie geleenthede en op baie maniere deur middel van die profete met ons voorvaders gepraat.+  Maar nou, aan die einde van hierdie dae, het hy met ons gepraat deur middel van ’n Seun,+ wat hy as erfgenaam van alles aangestel het+ en deur wie hy die dinge in die hemel en die dinge op die aarde gemaak het.*+  Hy is die weerspieëling van God se heerlikheid+ en ’n presiese weergawe van sy persoonlikheid,+ en hy hou alles in stand deur sy kragtige woord. En nadat hy ons van sondes gereinig het,+ het hy aan die regterhand van die Majesteit in die hemel gaan sit.+  So het hy beter as die engele geword+ omdat hy ’n naam geërf het wat hulle s’n oortref.+  Vir watter een van die engele het God byvoorbeeld ooit gesê: “Jy is my seun. Vandag het ek jou vader geword”?+ En ook: “Ek sal sy vader word, en hy sal my seun word”?+  Maar wanneer hy sy Eersgeborene+ weer na die aarde stuur, sê hy: “En al God se engele moet aan hom eer bewys.”*  Oor die engele sê hy: “Hy maak sy engele geeste en sy dienaars*+ soos die vlamme van ’n vuur.”+  Maar oor die Seun sê hy: “God is u troon+ vir ewig en altyd, en die septer van u Koninkryk is die septer van geregtigheid.  U was lief vir regverdigheid en het wetteloosheid gehaat. Daarom het God, u God, u met die olie van vreugde gesalf,+ meer as u metgeselle.”+ 10  En: “U, o Here, het aan die begin die fondamente van die aarde gelê, en die hemel is die werke van u hande. 11  Hulle sal ophou bestaan, maar u sal bly bestaan. Net soos ’n kledingstuk sal hulle almal oud word, 12  en u sal hulle net soos ’n mantel oprol, soos ’n kledingstuk, en hulle sal vervang word. Maar u is dieselfde, en u jare sal nooit tot ’n einde kom nie.”+ 13  Maar oor watter een van die engele het hy ooit gesê: “Sit aan my regterhand totdat ek jou vyande ’n voetbank vir jou voete maak”?+ 14  Is hulle nie almal geeste vir heilige* diens,+ wat uitgestuur word om dié te dien wat redding gaan ontvang nie?

Voetnote

Of “deur wie hy die stelsels van dinge gemaak het”. Sien Woordelys.
Of “voor hom neerbuig”.
Of “openbare dienaars”.
Of “openbare”.