Amos 1:1-15

  • Amos ontvang boodskap van Jehovah (1, 2)

  • Oordele weens opstandige dade (3-15)

1  Die woorde van Amos,* een van die skaapboere uit Tekoʹa.+ Hy het ’n visioen oor Israel ontvang in die dae van koning Ussiʹa+ van Juda en in die dae van Jeroʹbeam,+ die seun van Joas,+ die koning van Israel, twee jaar voor die aardbewing.+  Hy het gesê: “Jehovah sal uit Sion brul,en hy sal sy stem uit Jerusalem laat hoor. Die weivelde van die herders sal treur,en die top van die berg Karmel sal verdroog.”+   “Dít is wat Jehovah sê: ‘“Weens drie opstandige dade* van Damaskus, en weens vier, sal ek nie my besluit verander nie,want hulle het Giʹlead gedors met dorssleë van yster.+   Daarom sal ek ’n vuur teen die huis van Haʹsael stuur,+en dit sal die versterkte torings van Ben-Hadad verteer.+   Ek sal die grendels van Damaskus breek.+ Ek sal die inwoners van Bikat-Awen vernietig, en ook die heerser van Bet⁠-⁠Eden. En die volk van Sirië sal as ballinge* na Kir gaan,”+ sê Jehovah.’   Dít is wat Jehovah sê: ‘“Weens drie opstandige dade van Gasa,+ en weens vier, sal ek nie my besluit verander nie,want hulle het ’n hele groep ballinge geneem+ en hulle aan Edom oorgelewer.   Daarom sal ek ’n vuur teen die muur van Gasa stuur,+en dit sal haar versterkte torings verteer.   Ek sal die inwoners van Asdod vernietig,+en ook die heerser van Askelon.+ Ek sal teen Ekron optree,+en die oorblywende Filistyne sal sterf,”+ sê die Soewereine Heer Jehovah.’   Dít is wat Jehovah sê: ‘Weens drie opstandige dade van Tirus,+ en weens vier, sal ek nie my besluit verander nie,want hulle het ’n hele groep ballinge aan Edom oorgeleweren hulle het nie aan die verbond van broers gedink nie.+ 10  Daarom sal ek ’n vuur teen die muur van Tirus stuur,en dit sal haar versterkte torings verteer.’+ 11  Dít is wat Jehovah sê: ‘Weens drie opstandige dade van Edom,+ en weens vier, sal ek nie my besluit verander nie,want hy het sy eie broer met die swaard agtervolg+en hy het geweier om genade te betoon. In sy woede hou hy aan om hulle te verskeur. Hy bly heeltyd woedend vir hulle.+ 12  Daarom sal ek ’n vuur teen Teman stuur,+en dit sal die versterkte torings van Bosra verteer.’+ 13  Dít is wat Jehovah sê: ‘“Weens drie opstandige dade van die Ammoniete,+ en weens vier, sal ek nie my besluit verander nie,want hulle het die swanger vrouens van Giʹlead oopgesny om hulle eie gebied uit te brei.+ 14  Daarom sal ek die muur van Rabba aan die brand steek,+en die vuur sal haar versterkte torings verteer. Daar sal ’n oorlogskreet gehoor word op hierdie dag van oorlog,en op hierdie dag van stormwind sal daar ’n orkaan wees. 15  En hulle koning sal saam met sy hoë amptenare in ballingskap gaan,”+ sê Jehovah.’

Voetnote

Beteken “’n las wees” of “’n las dra”.
Of “misdade”.
D.w.s. mense wat uit hulle land weggevoer is.