Amos 2:1-16

  • Oordele weens opstandige dade (1-16)

2  “Dít is wat Jehovah sê: ‘“Weens drie opstandige dade* van Moab,+ en weens vier, sal ek nie my besluit verander nie,want hy het die beendere van die koning van Edom verbrand om kalk daarvan te maak.   Daarom sal ek ’n vuur teen Moab stuur,en dit sal die versterkte torings van Keʹrijot verteer.+ Moab sal tydens die oorlogsgeraas sterf,met ’n oorlogskreet, met die geluid van ’n horing.+   Ek sal die heerser* uit haar verwyderen al haar hoë amptenare saam met hom doodmaak,”+ sê Jehovah.’   Dít is wat Jehovah sê: ‘Weens drie opstandige dade van Juda,+ en weens vier, sal ek nie my besluit verander nie,want hulle het die wet* van Jehovah verwerpen sy wetsvoorskrifte nie gehoorsaam nie.+ Maar dieselfde leuens wat hulle voorvaders gevolg het, het hulle laat afdwaal.+   Daarom sal ek ’n vuur teen Juda stuur,en dit sal die versterkte torings van Jerusalem verteer.’+   Dít is wat Jehovah sê: ‘Weens drie opstandige dade van Israel,+ en weens vier, sal ek nie my besluit verander nie,want hulle verkoop die regverdige vir silweren die arme vir ’n paar sandale.+   Hulle vertrap die hulpeloses in die stof van die aarde,+en hulle versper die weg van die nederiges.+ ’n Man en sy pa slaap by dieselfde meisieen ontheilig my heilige naam.   Hulle strek hulle langs elke altaar uit+ op klere wat hulle as sekuriteit vir ’n lening geneem het.+ En in die tempel van hulle gode drink hulle wyn wat hulle gekry het by dié wat hulle beboet het.’   ‘Maar dit was ek wat die Amoriete voor hulle vernietig het.+ Hulle was so lank soos die sederbome en so sterk soos die eikebome. Ek het sy vrug bo en sy wortels onder vernietig.+ 10  Ek het julle uit Egipte uitgelei,+en ek het julle 40 jaar lank deur die wildernis laat trek,+om die land van die Amoriete in besit te neem. 11  Ek het van julle seuns as profete aangestel,+en van julle jong manne as Nasireʹërs.+ Is dit nie so nie, o Israel?’ sê Jehovah. 12  ‘Maar julle het vir die Nasireʹërs wyn bly gee om te drink,+en julle het die profete beveel: “Julle mag nie profeteer nie.”+ 13  Daarom sal ek jou in jou plek vergruis,net soos ’n wa vol gesnyde graan vergruis wat onder hom is. 14  Die vinnige sal nêrens heen kan vlug nie,+die sterke sal nie sy krag behou nieen geen vegter sal sy eie lewe kan red nie. 15  Die boogskutter sal nie weerstand bied nie,die hardloper sal nie wegkom nieen geen perderuiter sal sy eie lewe kan red nie. 16  Selfs die dapperste vegtersal op daardie dag kaal wegvlug,’+ sê Jehovah.”

Voetnote

Of “misdade”.
Lett. “regter”.
Of “onderrigting”.