Amos 4:1-13

  • Boodskap teen koeie van Basan (1-3)

  • Jehovah bespot Israel se valse aanbidding (4, 5)

  • Israel weier om dissipline te aanvaar (6-13)

    • ‘Maak gereed om jou God te ontmoet’ (12)

    • ‘God sê vir mens wat Sy gedagtes is’ (13)

4  “Hoor hierdie woord, koeie van Basan,wat op die berg van Samariʹa is,+ vrouens wat die hulpeloses uitbuit+ en die armes verdruk,wat vir hulle mans* sê: ‘Bring tog vir ons iets om te drink!’   Die Soewereine Heer Jehovah het by sy heiligheid gesweer: ‘“Kyk! Daar kom dae oor julle wanneer julle met die hake van ’n slagter opgetrek sal word,en die res van julle met vishoeke.   Elkeen van julle sal deur ’n gat in die muur uitgaan, wat reg voor julle sal wees. En julle sal na Harmon uitgedryf word,” sê Jehovah.’   ‘Kom na Bet-El en sondig,*+kom na Gilgal en sondig nog meer!+ Bring julle offerandes+ in die oggenden julle tiendes+ op die derde dag.   Brand ’n dankoffer van gesuurde brood,+en roep hardop uit dat julle vrywillige offers bring! Want dit is wat julle so graag doen, o Israel,’ sê die Soewereine Heer Jehovah.   ‘En ek het julle honger laat ly* in al julle stedeen gesorg dat daar nie kos in enige van julle huise is nie.+ En tog het julle nie na my teruggekeer nie,’+ sê Jehovah.   ‘Ek het julle reën drie maande voor die oes laat ophou.+ Ek het dit op een stad laat reën, maar nie op ’n ander stad nie. Op een stuk land het dit gereën,maar ’n ander stuk land waarop dit nie gereën het nie, het verdroog.   Mense van twee of drie stede het na een stad gestrompel om water te drink,+maar hulle het nie genoeg gekry nie. En tog het julle nie na my teruggekeer nie,’+ sê Jehovah.   ‘Ek het julle oeste met verskroeiende hitte en ’n swamsiekte getref.+ Julle het julle tuine en wingerde vermeerder,maar sprinkane het julle vyebome en julle olyfbome verslind.+ En julle het nog steeds nie na my teruggekeer nie,’+ sê Jehovah. 10  ‘Ek het ’n vreeslike siekte soos dié van Egipte onder julle gestuur.+ Met die swaard het ek julle jong manne doodgemaak+ en julle perde weggeneem.+ Ek het die stank van julle kampe in julle neusgate laat opstyg.+ En tog het julle nie na my teruggekeer nie,’ sê Jehovah. 11  ‘Ek het ’n verwoesting onder julle veroorsaak,soos God se verwoesting van Sodom en Gomorʹra.+ En julle was soos ’n stomp wat uit die vuur geruk is. En tog het julle nie na my teruggekeer nie,’+ sê Jehovah. 12  Daarom sal ek jou weer straf, o Israel. Omdat ek dit sal doen, o Israel,moet jy jou gereedmaak om jou God te ontmoet. 13  Hy het die berge gevorm+ en die wind geskep.+ Hy sê vir die mens wat Sy gedagtes is,hy verander die dagbreek in donkerte+en hy loop op die hoogtes van die aarde.+ Jehovah, die God van die leërmagte, is sy naam.”

Voetnote

Of “meesters”.
Of “en kom in opstand”.
Lett. “skoon tande gegee”.