Amos 6:1-14

  • Dit sal sleg gaan met dié wat oorgerus is! (1-14)

    • Ivoorbeddens; bakke vol wyn (4, 6)

6  “Dit sal sleg gaan met dié in Sion wat selfversekerd* is,met dié wat veilig voel op die berg van Samariʹa,+die belangrike manne van die vernaamste volk,dié na wie die huis van Israel gaan!   Trek oor na Kalne en kyk. Gaan daarvandaan na Groot-Hamat,+en gaan af na Gat van die Filistyne. Is hulle beter as hierdie koninkryke,*of is hulle gebied groter as julle s’n?   Sit julle die rampspoedige dag uit julle gedagtes,+en bevorder julle geweld in die land?+   Julle lê op ivoorbeddens+ en strek julle op banke uit,+julle eet die ramme van die kudde en die vetgemaakte kalwers.*+   Julle maak liedjies om op die harp* te speel,+en soos Dawid maak julle musiekinstrumente.+   Julle drink bakke vol wyn,+en julle salf julle met die beste olies. Maar julle bekommer julle nie oor die ondergang van Josef nie.+   Daarom sal julle eerste in ballingskap gaan.+ En die feeste van dié wat uitgestrek lê, sal tot ’n einde kom.   ‘Die Soewereine Heer Jehovah het by homself gesweer,’+ sê Jehovah, die God van die leërmagte: ‘“Ek verag die trots van Jakob,+ek haat sy versterkte torings,+en ek sal die stad en alles daarin oorlewer.+  “‘“En as daar tien manne in een huis oorbly, sal hulle ook sterf. 10  ’n Familielid* sal kom om hulle een vir een uit te dra en te verbrand. Hy sal hulle liggame* uit die huis uitbring. Dan sal hy vir wie ook al in die binnekamers van die huis is, vra: ‘Is daar nog by jou?’ En hy sal sê: ‘Daar is niemand!’ Dan sal hy sê: ‘Bly stil! Want dit is nie die tyd om die naam van Jehovah te noem nie.’” 11  Want dit is Jehovah wat die bevel gee,+en hy sal van die groot huis net rommel laat oorbly,en van die klein huis net stukke.+ 12  Hardloop perde op ’n kransof sal iemand daar met beeste ploeg? Want julle het geregtigheid in ’n gifplant verander,en die vrug van regverdigheid in als.*+ 13  Julle is bly oor iets wat waardeloos is,en julle sê: “Het ons nie in ons eie krag sterk geword nie?”+ 14  Daarom, o huis van Israel, sal ek ’n nasie teen jou laat kom,’+ sê Jehovah, die God van die leërmagte,‘en hulle sal julle onderdruk van Lebo-Hamat*+ af tot by die Vallei* van die Aʹraba.’”

Voetnote

Of “gerus”.
Verwys blykbaar na Juda en Israel.
Of “jong bulle”.
Of “snaarinstrument”.
Lett. “Sy pa se broer”.
Lett. “beendere”.
’n Soort bitter plant.
Of “die ingang van Hamat”.
Of “Wadi”. Sien Woordelys.