Amos 8:1-14

  • Visioen van mandjie somervrugte (1-3)

  • Onderdrukkers veroordeel (4-14)

    • Geestelike hongersnood (11)

8  Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah my laat sien het: Daar was ’n mandjie somervrugte.  Toe het hy gevra: “Wat sien jy, Amos?” Ek het geantwoord: “’n Mandjie somervrugte.” Toe het Jehovah vir my gesê: “Die einde het vir my volk Israel gekom. Ek sal hulle nie meer verskoon nie.+  ‘Die tempelliedere sal in daardie dag in ’n getreur verander,’+ sê die Soewereine Heer Jehovah. ‘Daar sal oral lyke lê+ – wees stil!’   Luister, julle wat die armes vertrap en wat ’n einde maak aan die nederiges van die land,+   wat sê: ‘Wanneer sal die fees van die nuwemaan verby wees,+ sodat ons ons graan kan verkoop? En wanneer sal die Sabbat verby wees,+ sodat ons ons graan te koop kan aanbied? Dan kan ons die efa* kleiner maaken die gewig van die sikkel* groterom te bedrieg met ’n valse weegskaal.+   Dan kan ons die hulpeloses vir silwer koop,en die armes vir ’n paar sandale,+en ons kan die afval van die graan verkoop.’   Jehovah het by die Trots van Jakob gesweer:+ ‘Ek sal al hulle dade nooit vergeet nie.+   Daarom sal die land* bewe,en elke inwoner daarvan sal treur.+ Sal dit nie heeltemal opkom soos die Nylrivieren onstuimig wees en wegsak soos die Nyl van Egipte nie?’+   ‘In daardie dag,’ sê die Soewereine Heer Jehovah,‘sal ek die son in die middel van die dag laat ondergaan,en ek sal die land op ’n helder dag laat donker word.+ 10  Ek sal julle feeste in rou verander,+en al julle liedere in treurliedere. Ek sal saklinne om al die heupe bind en elke kop kaal maak. Ek sal julle laat rou soos oor ’n enigste kind,en die dag sal bitter eindig.’ 11  ‘Kyk! Daar kom dae,’ sê die Soewereine Heer Jehovah,‘dat ek hongersnood in die land sal stuur,nie ’n honger na brood of ’n dors na water nie,maar om die woorde van Jehovah te hoor.+ 12  Hulle sal van see tot see strompel,en van die noorde tot by die ooste.* Hulle sal oral soek na die woord van Jehovah, maar hulle sal dit nie vind nie. 13  In daardie dag sal pragtige maagdeen ook jong manne flou word van die dors. 14  Dié wat by die skuld van Samariʹa sweer+ en wat sê: “So waar as wat jou god lewe, o Dan!”+ en: “So waar as wat die weg van Berseʹba+ lewe!” – hulle sal val en nie weer opstaan nie.’”+

Voetnote

Of “aarde”.
Of “sonsopkoms”.