Amos 9:1-15

  • Niemand kan God se oordele vryspring nie (1-10)

  • Hut van Dawid sal opgerig word (11-15)

9  Ek het Jehovah+ bo die altaar sien staan, en hy het gesê: “Slaan die pilaarkop, en die drumpels sal bewe. Kap die pilaarkoppe af. En ek sal dié wat oorbly met die swaard doodmaak. Niemand wat vlug, sal wegkom nie, en niemand wat probeer ontsnap, sal dit regkry nie.+   Al grawe hulle tot in die Graf,*sal my hand hulle daar uithaal. En al klim hulle op na die hemel,sal ek hulle daarvandaan afbring.   En al kruip hulle op die top van die berg Karmel weg,sal ek hulle daar opspoor en hulle wegneem.+ Al kruip hulle op die bodem van die see vir my weg,sal ek die slang daar beveel om hulle te byt.   Al word hulle deur hulle vyande as gevangenes weggeneem,sal ek die swaard daar beveel om hulle dood te maak.+ Ek sal my aandag op hulle rig om slegte dinge oor hulle te bring, en nie goeie dinge nie.+   Want die Soewereine Heer, Jehovah van die leërmagte, is die Een wat die land* aanraaksodat dit smelt,+ en al die inwoners daarvan sal treur.+ En dit sal heeltemal opkom soos die Nylrivieren wegsak soos die Nyl van Egipte.+   ‘Die Een wat sy trap in die hemel bouen sy gebou* oor die aarde oprig,die Een wat die waters van die see roepom dit oor die aarde uit te stort+– Jehovah is sy naam.’+   ‘Is julle nie vir my soos die Kussiete nie, o Israel?’ sê Jehovah. ‘Het ek Israel nie laat optrek uit Egipteland,+die Filistyne uit Kreta+ en Sirië uit Kir nie?’+   ‘Kyk! Die oë van die Soewereine Heer Jehovah is op die sondige koninkryk,en hy sal dit van die aarde af wegvee.+ Maar ek sal die huis van Jakob nie heeltemal vernietig nie,’+ sê Jehovah.   ‘Want ek gee die bevel,en ek sal die huis van Israel onder al die nasies skud,+soos ’n mens ’n sif skud– nie ’n klippie val op die grond nie. 10  Hulle sal deur die swaard sterf, al die sondaars van my volk,dié wat sê: “Die rampspoed sal nie naby ons kom of ons bereik nie.”’ 11  ‘In daardie dag sal ek die hut* van Dawid, wat ineengestort het, oprig,+en ek sal die gate in die muur herstel. Ek sal die hut van Dawid herbou,ek sal dit herstel soos in die dae van lank gelede.+ 12  Dan sal hulle in besit kan neem wat oorgebly het van Edom+en van al die nasies oor wie my naam uitgeroep is,’ sê Jehovah, wat hierdie dinge doen. 13  ‘Kyk! Daar kom dae,’ sê Jehovah,‘dat die een wat oes, ingehaal sal word deur die een wat ploeg,en die een wat saai, deur die een wat druiwe trap.+ En die berge sal van soet wyn drup,+en dit sal van al die heuwels afvloei.+ 14  Ek sal die gevangenes van my volk Israel terugbring,+en hulle sal die verwoeste stede herbou en bewoon.+ Hulle sal wingerde plant en die wyn daarvan drink+en tuine maak en die vrugte daarvan eet.’+ 15  ‘Ek sal hulle in hulle land plant,en hulle sal nie weer uitgeruk worduit hulle land wat ek aan hulle gegee het nie,’+ sê Jehovah julle God.”

Voetnote

Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Of “aarde”.
Of “koepel”.
Of “tent”.