Deuteronomium 11:1-32

  • Julle het Jehovah se grootheid gesien (1-7)

  • Die Beloofde Land (8-12)

  • Belonings vir gehoorsaamheid (13-17)

  • God se woorde moet in harte bewaar word (18-25)

  • “’n Seën en ’n vloek” (26-32)

11  “Jy moet Jehovah jou God liefhê+ en altyd jou verpligting teenoor hom en teenoor sy wetsbepalings, sy regterlike bevele en sy gebooie nakom.  Julle weet dat ek vandag met julle praat, nie met julle kinders nie. Hulle het nie die dissipline van Jehovah julle God,+ sy grootheid,+ sy magtige hand+ en sy uitgestrekte arm geken of gesien nie.  Hulle het nie sy tekens en sy dade gesien wat hy in Egipte aan Farao, die koning van Egipte, en aan sy hele land gedoen het nie.+  Hulle het ook nie gesien wat hy aan die leërmag van Egipte gedoen het nie, aan Farao se perde en strydwaens, waaroor hy die waters van die Rooisee laat stroom het toe hulle julle agternagesit het. Jehovah het hulle eens en vir altyd* vernietig.+  Hulle het nie gesien wat hy vir* julle in die wildernis gedoen het in die tyd voordat julle by hierdie plek aangekom het nie,  of wat hy aan Datan en Abiʹram, die seuns van Eliʹab, die seun van Ruben, gedoen het nie toe die aarde oopgeskeur het en hulle voor die oë van die hele Israel ingesluk het, saam met hulle huisgesinne en hulle tente en elke lewende ding wat hulle gevolg het.+  Julle eie oë het al die groot dade gesien wat Jehovah gedoen het.  “Julle moet die hele gebod gehoorsaam wat ek vandag aan julle gee, sodat julle sterk kan word en kan ingaan in die land om dit in besit te neem  en sodat julle lank kan lewe+ in die land wat Jehovah met ’n eed belowe het om aan julle voorvaders en hulle nageslag* te gee,+ ’n land wat oorloop van melk en heuning.+ 10  “Die land wat julle in besit gaan neem, is nie soos Egipte, wat julle verlaat het nie. Daar het jy jou saad gesaai en dit met jou voet natgelei* soos jy in ’n groentetuin sou doen. 11  Maar die land aan die oorkant wat julle binnekort in besit gaan neem, is ’n land van berge en valleivlaktes.+ Dit drink die reën wat uit die hemel val.+ 12  Dit is ’n land waarvoor Jehovah julle God sorg. Die oë van Jehovah julle God is altyd daarop, van die begin van die jaar tot aan die einde van die jaar. 13  “En as julle my gebooie wat ek julle vandag beveel, streng gehoorsaam en Jehovah julle God met julle hele hart en julle hele siel* liefhet en dien,+ 14  sal ek vir julle land reën gee op die vasgestelde tyd, herfsreën en lentereën, en julle sal julle graan en julle nuwe wyn en julle olie insamel.+ 15  En ek sal weiding in julle veld voorsien vir julle vee, en julle sal eet en versadig word.+ 16  Pasop dat julle hart nie verlei word om ’n verkeerde weg in te slaan en ander gode te aanbid en voor hulle neer te buig nie.+ 17  Anders sal Jehovah vir julle woedend word, en hy sal die hemel toesluit sodat dit nie sal reën+ en die grond nie sy opbrengs sal gee nie, en julle sal vinnig uit die goeie land verdwyn wat Jehovah aan julle gee.+ 18  “Jy moet hierdie woorde van my in jou hart en jou siel* bewaar en dit as ’n herinnering op jou hand bind, en dit moet soos ’n band op jou voorkop* wees.+ 19  Leer dit vir jou kinders en praat daaroor wanneer jy in jou huis sit en wanneer jy op die pad loop en wanneer jy gaan lê en wanneer jy opstaan.+ 20  Skryf dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte, 21  sodat julle en julle kinders lank kan lewe+ in die land wat Jehovah met ’n eed belowe het om aan julle voorvaders te gee,+ solank as wat die hemel bo die aarde is. 22  “As julle hierdie gebod wat ek vir julle gee, streng gehoorsaam en dit uitvoer deur Jehovah julle God lief te hê,+ al sy weë te volg en aan hom getrou te bly,+ 23  dan sal Jehovah al hierdie nasies voor julle uit verdryf,+ en julle sal die land van nasies wat groter en magtiger is as julle, in besit neem.+ 24  Elke plek waar julle julle voete neersit, sal julle s’n word.+ Julle grens sal wees van die wildernis tot by die Liʹbanon, en van die Rivier, die Eufraatrivier, tot by die westelike see.*+ 25  Niemand sal teen julle staande kan bly nie.+ Jehovah julle God sal ’n vrees vir julle oor die hele land laat kom waarop julle loop,+ net soos hy julle belowe het. 26  “Kyk, ek gee julle vandag die keuse tussen ’n seën en ’n vloek:+ 27  die seën as julle die gebooie van Jehovah julle God gehoorsaam wat ek julle vandag beveel,+ 28  en die vloek as julle nie die gebooie van Jehovah julle God gehoorsaam nie+ en wegdraai van die weg wat ek julle vandag beveel om te volg en julle agter ander gode aanloop wat julle nie geken het nie. 29  “Wanneer Jehovah julle God julle in die land inbring wat julle in besit gaan neem, moet julle die seën op die berg Geriʹsim uitspreek,* en die vloek op die berg Ebal.+ 30  Hierdie berge is aan die ander kant van die Jordaanrivier, aan die westekant,* in die land van die Kanaäniete wat in die Aʹraba woon, oorkant Gilgal, langs die groot bome van More.+ 31  Want julle trek deur die Jordaanrivier om in te gaan en die land in besit te neem wat Jehovah julle God aan julle gee.+ Wanneer julle dit in besit neem en daarin woon, 32  moet julle sorg dat julle al die wetsvoorskrifte en die regterlike bevele uitvoer wat ek vandag aan julle gee.+

Voetnote

Of “tot vandag toe”.
Of “aan”.
Lett. “saad”.
D.w.s. deur die voet op die een of ander manier te gebruik, hetsy deur ’n waterwiel te trap of deur watervore te maak of oop te maak.
Lett. “tussen julle oë”.
Die Grootsee, die Middellandse See.
Of “gee”.
Of “in die rigting van die sonsondergang”.