Deuteronomium 27:1-26

  • Wet moet op klippe geskryf word (1-10)

  • By berg Ebal en berg Gerisim (11-14)

  • Vloeke uitgespreek (15-26)

27  Toe het Moses die volk hierdie bevele gegee terwyl die ouermanne van Israel by hom gestaan het: “Julle moet elke gebod gehoorsaam wat ek julle vandag gee.  En die dag waarop julle deur die Jordaanrivier trek na die land wat Jehovah julle God aan julle gee, moet julle ook vir julle groot klippe oprig en dit met kalk bedek.*+  Wanneer julle deurgetrek het, moet julle al die woorde van hierdie Wet daarop skryf. Dan mag julle in die land ingaan wat Jehovah julle God aan julle gee, ’n land wat oorloop van melk en heuning, net soos Jehovah, die God van julle voorvaders, julle belowe het.+  Nadat julle deur die Jordaanrivier getrek het, moet julle hierdie klippe op die berg Ebal+ oprig en dit met kalk bedek,* net soos ek julle vandag beveel.  Julle moet ook ’n altaar vir Jehovah julle God daar bou, ’n altaar van klippe. Julle mag nie die klippe met ystergereedskap bewerk nie.+  Julle moet die altaar van Jehovah julle God met heel klippe bou en brandoffers aan Jehovah julle God daarop offer.  Julle moet vrede-offers* offer+ en dit daar eet,+ en julle moet bly wees voor Jehovah julle God.+  En julle moet al die woorde van hierdie Wet duidelik op die klippe skryf.”+  Toe het Moses en die Levitiese priesters vir die hele Israel gesê: “Wees stil en luister, o Israel. Vandag het julle die volk van Jehovah julle God geword.+ 10  Julle moet na die stem van Jehovah julle God luister en sy gebooie en sy wetsvoorskrifte gehoorsaam+ wat ek julle vandag beveel.” 11  Op daardie dag het Moses die volgende bevel aan die volk gegee en gesê: 12  “Die volgende stamme moet op die berg Geriʹsim+ staan om die volk te seën nadat julle deur die Jordaanrivier getrek het: Siʹmeon, Levi, Juda, Isʹsaskar, Josef en Benjamin. 13  En die volgende stamme moet op die berg Ebal+ staan om die vloek uit te spreek: Ruben, Gad, Aser, Seʹbulon, Dan en Nafʹtali. 14  En die Leviete moet met ’n harde stem vir elke man van Israel sê:+ 15  “‘Vervloek is die man wat ’n uitgekerfde beeld+ of ’n metaalbeeld maak+ – iets wat vir Jehovah afskuwelik is,+ die handewerk van ’n ambagsman* – en wat dit weggesteek het.’ (En die hele volk moet antwoord en sê: ‘Amen!’*) 16  “‘Vervloek is die persoon wat sy pa of sy ma sonder respek behandel.’+ (En die hele volk moet sê: ‘Amen!’) 17  “‘Vervloek is die persoon wat die grensmerker van sy medemens verskuif.’+ (En die hele volk moet sê: ‘Amen!’) 18  “‘Vervloek is die persoon wat ’n blinde persoon op die pad laat verdwaal.’+ (En die hele volk moet sê: ‘Amen!’) 19  “‘Vervloek is die persoon wat die reg verdraai+ en ’n uitlander wat onder julle woon, ’n weeskind* of ’n weduwee benadeel.’+ (En die hele volk moet sê: ‘Amen!’) 20  “‘Vervloek is die persoon wat seksuele omgang met sy pa se vrou het, want hy het sy pa onteer.’*+ (En die hele volk moet sê: ‘Amen!’) 21  “‘Vervloek is die persoon wat seksuele omgang met enige dier het.’+ (En die hele volk moet sê: ‘Amen!’) 22  “‘Vervloek is die persoon wat seksuele omgang het met sy suster, of dit nou die dogter van sy pa of die dogter van sy ma is.’+ (En die hele volk moet sê: ‘Amen!’) 23  “‘Vervloek is die persoon wat seksuele omgang met sy skoonma het.’+ (En die hele volk moet sê: ‘Amen!’) 24  “‘Vervloek is die persoon wat sy medemens voorlê en hom doodmaak.’+ (En die hele volk moet sê: ‘Amen!’) 25  “‘Vervloek is die persoon wat ’n omkoopgeskenk aanvaar om ’n onskuldige persoon* dood te maak.’+ (En die hele volk moet sê: ‘Amen!’) 26  “‘Vervloek is die persoon wat die woorde van hierdie Wet nie gehoorsaam en uitvoer nie.’+ (En die hele volk moet sê: ‘Amen!’)

Voetnote

Lett. “met kalk afwit”.
Lett. “met kalk afwit”.
Of “gemeenskapsoffers”.
Of “Laat dit so wees!”
Of “’n hout-en-metaal-werker”.
Lett. “vaderlose seun”.
Lett. “die kleed van sy pa opgelig”.
Of “’n siel van onskuldige bloed”.