Deuteronomium 3:1-29

  • Oorwinning oor koning Og van Basan (1-7)

  • Land oos van Jordaan verdeel (8-20)

  • Moses sê vir Josua om nie bang te wees nie (21, 22)

  • Moses sal nie in land ingaan nie (23-29)

3  “Daarna het ons met die pad van Basan gegaan. En Og, die koning van Basan, het met sy hele leërmag uitgekom om by Edreʹï+ teen ons te veg.  Toe het Jehovah vir my gesê: ‘Moenie vir hom bang wees nie, want ek sal hom en sy hele volk en sy land in julle hand gee, en julle moet met hom doen net soos julle gedoen het met Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het.’  Toe het Jehovah ons God koning Og van Basan en sy hele volk ook in ons hand gegee, en ons het hulle verslaan. Daar was nie ’n enkele oorlewende nie.  Ons het toe al sy stede ingeneem. Daar was nie ’n enkele stad wat ons nie van hulle afgevat het nie – 60 stede, die hele Argob-streek, die koninkryk van Og in Basan.+  Al hierdie stede was versterk met hoë mure, deure en grendels. Ons het ook ’n groot aantal plattelandse dorpe ingeneem.  Maar ons het hulle almal vernietig,+ net soos ons met koning Sihon van Hesbon gedoen het. Ons het elke stad vernietig, insluitende die mans, vrouens en kinders.+  En ons het al die vee en die buit wat ons in die stede gevat het, vir ons geneem.  “Ons het in daardie tyd die land afgevat van die twee Amoritiese konings+ wat in die Jordaanstreek was, van die Arnon-vallei* af tot by die berg Hermon+  (dit is die berg wat die Sidoniërs voorheen Sirjon en wat die Amoriete voorheen Senir genoem het), 10  al die stede van die plato, die hele Giʹlead en die hele Basan tot by Salka en Edreʹï,+ die stede van die koninkryk wat aan Og in Basan behoort het. 11  Want koning Og van Basan was die laaste van die Refaïete. Sy lykbaar* was van yster* gemaak, en dit is nog steeds in Rabba van die Ammoniete. Dit is nege el* lank en vier el breed, volgens die standaard-el. 12  Ons het toe die land in besit geneem van Aʹroër+ af, wat by die Arnon-vallei* is, en die helfte van die bergstreek van Giʹlead, en ek het die stede aan die Rubeniete en die Gadiete gegee.+ 13  En ek het die res van Giʹlead en die hele Basan van die koninkryk van Og aan die halwe stam van Manasʹse gegee.+ Die hele Argob-streek, wat deel is van Basan, het as die land van die Refaïete bekend gestaan. 14  “Jaïr,+ die seun van Manasʹse, het die hele Argob-streek+ tot by die grens van die Gesuriete en die Maägatiete+ geneem, en hy het daardie dorpies van Basan na homself vernoem, Hawwot-Jaïr.*+ Die dorpies het vandag nog daardie naam. 15  En ek het Giʹlead aan Magir+ gegee. 16  En aan die Rubeniete en die Gadiete+ het ek die land gegee van Giʹlead af tot by die Arnon-vallei,* met die middel van die vallei as die grens, en van daar af tot by die Jabbok, die vallei wat die grens van die Ammoniete is, 17  en die Aʹraba en die Jordaanrivier en die aangrensende gebied, van Kinneʹret af tot by die See van die Aʹraba, die Soutsee,* aan die voet van Pisga in die ooste.+ 18  “Ek het toe hierdie bevel aan julle gegee: ‘Jehovah julle God het hierdie land aan julle gegee om dit in besit te neem. Al julle dapper manne moet wapens opneem en voor julle broers, die Israeliete, oorgaan.+ 19  Net julle vrouens, julle kinders en julle vee (ek weet goed dat julle baie vee het) sal in die stede bly woon wat ek aan julle gegee het, 20  totdat Jehovah aan julle broers rus gee, net soos hy aan julle rus gegee het, en hulle ook die land in besit geneem het wat Jehovah julle God oorkant die Jordaanrivier aan hulle sal gee. Dan sal julle terugkom, elkeen na sy besitting wat ek aan julle gegee het.’+ 21  “Ek het toe hierdie bevel aan Josua+ gegee: ‘Jy het met jou eie oë gesien wat Jehovah jou God met hierdie twee konings gedoen het. Jehovah sal dieselfde doen met al die koninkryke wat jy aan die oorkant sal teëkom.+ 22  Julle moenie vir hulle bang wees nie, want Jehovah julle God veg vir julle.’+ 23  “Ek het toe by Jehovah gepleit en gesê: 24  ‘O Soewereine Heer Jehovah, u het vir u kneg u grootheid en u magtige arm+ begin wys, want watter god in die hemel of op die aarde kan sulke magtige dade doen soos u?+ 25  Laat my asseblief oorgaan en die goeie land oorkant die Jordaanrivier sien, daardie goeie bergstreek en die Liʹbanon.’+ 26  Maar Jehovah was nog steeds woedend vir my as gevolg van julle,+ en hy wou nie na my luister nie. Jehovah het egter vir my gesê: ‘Dit is nou genoeg! Moet nooit weer met my oor hierdie saak praat nie. 27  Klim op na die top van Pisga+ en kyk na die weste en noorde en suide en ooste. Kyk goed na die land, want jy sal nie deur hierdie Jordaanrivier trek nie.+ 28  Stel Josua+ aan en moedig hom aan en versterk hom, want hy is die een wat voor hierdie volk sal deurtrek,+ en hy sal sorg dat hulle die land erf wat jy sal sien.’ 29  Dit alles het gebeur terwyl ons in die vallei oorkant Bet-Peor+ gebly het.

Voetnote

Of “wadi Arnon”. Sien Woordelys.
Of “doodskis; sarkofaag”.
’n El was gelyk aan 44,5 cm. Sien Aanh. B14.
Of moontlik “swart basalt”.
Of “wadi Arnon”. Sien Woordelys.
Beteken “tentdorpe van Jaïr”.
Of “wadi Arnon”. Sien Woordelys.
Die Dooie See.