Deuteronomium 34:1-12

  • Jehovah wys vir Moses die land (1-4)

  • Moses sterf (5-12)

34  Toe het Moses van die woestynvlaktes van Moab af teen die berg Nebo+ opgeklim, na die top van Pisga,+ wat op Jeʹrigo+ uitkyk. En Jehovah het hom die hele land gewys, van Giʹlead tot by Dan+  en die hele Nafʹtali en die land van Eʹfraim en Manasʹse en die hele land van Juda tot by die westelike see,*+  sowel as die Negeb+ en die Distrik,+ die valleivlakte van Jeʹrigo, die stad van palmbome, tot by Soar.+  Jehovah het toe vir hom gesê: “Dít is die land wat ek aan Abraham, Isak en Jakob met ’n eed belowe het deur te sê: ‘Aan jou nakomelinge* sal ek dit gee.’+ Ek het jou dit met jou eie oë laat sien, maar jy sal nie daarheen oortrek nie.”+  Daarna het Moses, die kneg van Jehovah, daar in die land Moab gesterf, net soos Jehovah gesê het.+  Hy het hom in die vallei in die land Moab, oorkant Bet-Peor, begrawe, en tot vandag toe weet niemand waar sy graf is nie.+  Moses was 120 jaar oud toe hy gesterf het.+ Sy oë het nie dof geword nie en sy krag het hom nie verlaat nie.  Die volk Israel het 30 dae lank in die woestynvlaktes van Moab oor Moses getreur.+ Toe het die tyd om oor Moses te treur en te rou, tot ’n einde gekom.  Josua, die seun van Nun, was vol van die gees van wysheid, want Moses het sy hande op hom gelê.+ En die Israeliete het na hom begin luister, en hulle het gedoen net soos Jehovah Moses beveel het.+ 10  Maar daar was nooit weer so ’n profeet in Israel nie. Jehovah het Moses+ van aangesig tot aangesig geken.+ 11  Hy het al die tekens en die wonderwerke gedoen wat Jehovah hom gestuur het om in Egipte te doen voor Farao en al sy knegte en sy hele land.+ 12  Moses het ook ’n magtige hand en ontsagwekkende krag voor die oë van die hele Israel geopenbaar.+

Voetnote

Die Grootsee, die Middellandse See.
Lett. “saad”.