Deuteronomium 9:1-29

  • Waarom land aan Israel gegee is (1-6)

  • Israel maak Jehovah vier keer kwaad (7-29)

    • Die goue kalf (7-14)

    • Moses pleit vir Israeliete (15-21, 25-29)

    • Nog drie gevalle van opstand (22)

9  “Hoor, o Israel: Vandag trek julle deur die Jordaanrivier+ om ’n land in besit te neem met nasies wat groter en magtiger is as julle,+ met groot stede wat tot aan die hemel versterk is,*+  met ’n volk wat groot en lank is, die kinders van die Enakiete,+ van wie julle gehoor het en van wie daar gesê word: ‘Wie kan teen die kinders van Enak staande bly?’  Weet dus vandag dat Jehovah julle God voor julle uit sal gaan.+ Hy is ’n verterende vuur,+ en hy sal hulle vernietig. Hy sal hulle voor julle oë onderwerp sodat julle hulle vinnig kan verdryf en vernietig, net soos Jehovah julle belowe het.+  “Wanneer Jehovah julle God hulle voor julle verdryf, moet julle nie in julle hart sê: ‘Dit is weens my regverdigheid dat Jehovah my in hierdie land ingebring het om dit in besit te neem’ nie.+ Dit is eerder weens die goddeloosheid van hierdie nasies+ dat Jehovah hulle voor julle uit verdryf.  Dit is nie weens julle regverdigheid of weens die opregtheid van julle hart dat julle ingaan om hulle land in besit te neem nie. Dit is eerder weens die goddeloosheid van hierdie nasies dat Jehovah julle God hulle voor julle uit verdryf+ en om die belofte na te kom wat Jehovah aan julle voorvaders, Abraham,+ Isak+ en Jakob,+ gemaak het.  Weet dus dat dit nie weens julle regverdigheid is dat Jehovah julle God hierdie goeie land aan julle gee om in besit te neem nie, want julle is ’n hardkoppige volk.+  “Onthou hoe julle Jehovah julle God in die wildernis kwaad gemaak het,+ en moet dit nooit vergeet nie. Van die dag af dat julle uit Egipte getrek het totdat julle by hierdie plek gekom het, het julle teen Jehovah in opstand gekom.+  Selfs by Horeb het julle Jehovah kwaad gemaak. Jehovah was so kwaad vir julle dat hy op die punt was om julle te vernietig.+  Toe ek teen die berg opgeklim het om die kliptablette+ te ontvang, die tablette van die verbond wat Jehovah met julle gemaak het,+ het ek 40 dae en 40 nagte op die berg gebly+ en niks geëet of gedrink nie. 10  Toe het Jehovah vir my die twee kliptablette gegee waarop die vinger van God geskryf het. Al die woorde wat Jehovah op die berg uit die vuur vir julle gesê het op die dag toe julle* vergader het, was daarop geskryf.+ 11  Aan die einde van die 40 dae en 40 nagte het Jehovah vir my die twee kliptablette gegee, die tablette van die verbond, 12  en Jehovah het vir my gesê: ‘Staan op, gaan gou af teen die berg, want jou volk wat jy uit Egipte uitgelei het, het goddeloos opgetree.+ Hulle het baie gou weggedraai van die weg wat ek hulle beveel het om te volg. Hulle het vir hulle ’n metaalbeeld gemaak.’+ 13  Jehovah het toe vir my gesê: ‘Ek het gesien dat hierdie volk ’n hardkoppige volk is.+ 14  Moet my nie probeer keer nie, want ek gaan hulle vernietig en hulle naam onder die hemel uitwis. Laat ek jou ’n nasie maak wat magtiger en groter is as hulle.’+ 15  “Daarna het ek omgedraai en teen die berg afgeklim terwyl die berg met vuur gebrand het,+ en die twee tablette van die verbond was in my hande.+ 16  Toe het ek gesien dat julle teen Jehovah julle God gesondig het! Julle het vir julle ’n kalf van metaal gemaak. Julle het gou weggedraai van die weg wat Jehovah julle beveel het om te volg.+ 17  Ek het toe die twee tablette gevat en dit met albei hande voor julle oë stukkend gegooi.+ 18  Daarna het ek 40 dae en 40 nagte lank voor Jehovah bly neerbuig, soos die eerste keer. Ek het niks geëet of gedrink nie+ as gevolg van al die sondes wat julle gepleeg het deur te doen wat sleg is in Jehovah se oë en hom aanstoot te gee. 19  Want ek was baie bang as gevolg van Jehovah se groot woede teen julle,+ omdat hy op die punt was om julle te vernietig. Maar Jehovah het by daardie geleentheid ook na my geluister.+ 20  “Jehovah was so kwaad vir Aäron dat hy op die punt was om hom dood te maak,+ maar ek het toe ook vir Aäron smeekgebede gedoen. 21  Toe het ek die sondige ding wat julle gemaak het, die kalf,+ geneem en dit met vuur verbrand. Ek het dit stukkend gebreek en dit deeglik gemaal totdat dit so fyn was soos stof, en ek het die stof in die stroom gegooi wat van die berg afvloei.+ 22  “Julle het Jehovah ook by Tabeʹra+ en by Massa+ en by Kibʹrot-Hattaʹäwa+ kwaad gemaak. 23  En toe Jehovah julle uit Kaʹdes-Barneʹa+ gestuur het en gesê het: ‘Gaan en neem die land in besit wat ek beslis aan julle sal gee!’ het julle weer teen die bevel van Jehovah julle God in opstand gekom,+ en julle het nie geloof in hom gehad nie,+ en julle het hom nie gehoorsaam nie. 24  Vandat ek julle ken, het julle teen Jehovah in opstand gekom. 25  “Ek het dus 40 dae en 40 nagte lank voor Jehovah bly neerbuig,+ en ek het dit gedoen omdat Jehovah gesê het dat hy julle gaan vernietig. 26  Ek het smeekgebede tot Jehovah begin doen en gesê: ‘O Soewereine Heer Jehovah, moenie u volk vernietig nie. Hulle is u persoonlike besitting,*+ wat u deur u grootheid verlos het en met ’n magtige hand uit Egipte uitgelei het.+ 27  Dink aan u knegte Abraham, Isak en Jakob.+ Moenie aandag skenk aan die hardkoppigheid van hierdie volk, aan hulle goddeloosheid en hulle sonde nie.+ 28  Anders sal die volk van die land waaruit u ons gelei het, dalk sê: “Jehovah was nie in staat om hulle in die land in te bring wat hy aan hulle belowe het nie. En omdat hy hulle gehaat het, het hy hulle uitgelei om hulle in die wildernis dood te maak.”+ 29  Want hulle is u volk en u persoonlike besitting,*+ wat u met u groot krag en u uitgestrekte arm uitgelei het.’+

Voetnote

D.w.s. met mure wat baie hoog is.
Of “die gemeente”.
Of “u erfdeel”.
Of “u erfdeel”.