Eksodus 11:1-10

  • Tiende plaag aangekondig (1-10)

    • Israeliete moet vir geskenke vra (2)

11  Toe het Jehovah vir Moses gesê: “Ek gaan nog een plaag oor Farao en Egipte bring. Daarna sal hy julle hiervandaan wegstuur.+ Wanneer hy julle wegstuur, sal hy julle letterlik uit die land uit jaag.+  Sê dan nou vir die volk dat al die mans en vrouens hulle bure vir silwervoorwerpe en goue voorwerpe moet vra.”+  En Jehovah het seker gemaak dat die Egiptenare ’n goeie gesindheid teenoor die volk het. Wat meer is, Moses het ’n hoogs gerespekteerde man in Egipte geword onder Farao se knegte en onder die volk.  Moses het toe gesê: “Dít is wat Jehovah gesê het: ‘Omtrent middernag sal ek deur Egipte gaan,+  en elke eersgeborene in Egipte sal sterf,+ van die eersgeborene van Farao wat op sy troon sit tot die eersgeborene van die slavin wat by die handmeul werk, en elke eersgeborene van die vee.+  Regoor Egipte sal daar ’n groot gehuil wees, soos daar nog nooit vantevore was nie en nooit weer sal wees nie.+  Maar nie eers ’n hond sal vir die Israeliete of hulle vee blaf nie,* sodat julle kan weet dat Jehovah ’n onderskeid kan maak tussen die Egiptenare en die Israeliete.’+  En al u knegte sal beslis na my toe kom en voor my neerbuig en sê: ‘Gaan, jy en almal wat jou volg.’+ En daarna sal ek vertrek.” Toe het hy woedend van Farao af weggegaan.  Jehovah het toe vir Moses gesê: “Farao sal nie na julle luister nie.+ So sal my wonderwerke in Egipte nog meer word.”+ 10  Moses en Aäron het al hierdie wonderwerke voor Farao gedoen,+ maar Jehovah het toegelaat dat Farao hardkoppig word,* en hy het die Israeliete nie uit sy land weggestuur nie.+

Voetnote

Lett. “sal sy tong skerpmaak teen die kinders van Israel of hulle vee nie”.
Lett. “het Farao se hart verhard”.