Eksodus 22:1-31

  • Regterlike bevele vir Israel (1-31)

    • Oor diefstal (1-4)

    • Oor skade aan oes (5, 6)

    • Oor vergoeding en eienaarskap (7-15)

    • Oor ’n maagd wat verlei is (16, 17)

    • Oor aanbidding en maatskaplike geregtigheid (18-31)

22  “As ’n man ’n bul of ’n skaap steel en hy dit slag of verkoop, moet hy met vyf bulle vergoed vir ’n bul en met vier skape vir ’n skaap.+  (“As ’n dief+ betrap word terwyl hy inbreek en hy geslaan word en sterf, is daar geen bloedskuld in so ’n geval nie.  Maar as dit gebeur nadat die son opgekom het, sal die persoon wat hom doodgemaak het, wel bloedskuldig wees.) “Hy moet vergoeding betaal. As hy niks het nie, moet hy verkoop word vir die goed wat hy gesteel het.  As die dier wat hy gesteel het, lewend by hom gevind word, of dit nou ’n bul of ’n donkie of ’n skaap is, moet hy dubbele vergoeding betaal.  “As iemand sy diere in ’n landery of ’n wingerd laat wei en hy hulle toelaat om in iemand anders se landery te wei, moet hy die beste van sy eie landery of die beste van sy eie wingerd as vergoeding gee.  “As ’n brand uitbreek en na doringbosse versprei en dit graanbondels of ongesnyde graan of ’n landery vernietig, moet die persoon wat die brand veroorsaak het, vergoeding betaal vir wat verbrand is.  “As ’n man vir sy medemens geld of iets anders gee om te hou en dit uit sy medemens se huis gesteel word, moet die dief, as hy gevind word, dubbele vergoeding betaal.+  As die dief nie gevind word nie, moet die eienaar van die huis voor die ware God gebring word+ sodat daar vasgestel kan word of hy sy medemens se goed gevat het.  As iemand sê dat iemand anders sy bul het, of sy donkie, skaap, kledingstuk of enigiets wat hy verloor het, moet albei partye hulle saak voor die ware God bring+ om te bepaal wie die regte eienaar is. Die persoon wat deur God skuldig verklaar word, moet dubbele vergoeding aan sy medemens betaal.+ 10  “As ’n man vir sy medemens ’n donkie of ’n bul of ’n skaap of enige mak dier gee om op te pas en dit doodgaan of vermink word of weggelei word sonder dat iemand dit sien, 11  moet die man aan wie dit toevertrou was, ’n eed voor Jehovah aflê dat hy nie sy medemens se goed gevat het nie, en die eienaar moet dit aanvaar. Die ander man hoef nie vergoeding te betaal nie.+ 12  Maar as die dier gesteel is by die man aan wie dit toevertrou was, moet hy aan die eienaar vergoeding betaal. 13  As dit deur ’n wilde dier verskeur is, moet hy dit as bewys bring. Hy hoef nie vergoeding te betaal vir iets wat deur ’n wilde dier verskeur is nie. 14  “Maar as iemand vra om ’n dier by sy medemens te leen en dit vermink word of doodgaan terwyl die eienaar nie daar is nie, moet die man wat dit geleen het, vergoeding betaal. 15  As die eienaar daar is, hoef hy nie vergoeding te betaal nie. As dit gehuur is, is die huurgeld die vergoeding. 16  “En as ’n man ’n maagd verlei wat nie verloof is nie en hy seksuele omgang met haar het, moet hy die bruidsprys vir haar betaal sodat sy sy vrou kan word.+ 17  As haar pa volstrek weier om haar aan hom te gee, moet hy dieselfde bedrag betaal wat normaalweg as bruidsprys betaal word. 18  “Jy mag ’n towenares nie laat lewe nie.+ 19  “Elkeen wat seksuele omgang met ’n dier het, moet beslis doodgemaak word.+ 20  “Enigiemand wat aan enige ander gode behalwe Jehovah offerandes bring, moet vernietig word.+ 21  “Jy mag nie ’n uitlander wat onder julle woon, sleg behandel of onderdruk nie,+ want julle was uitlanders in Egipte.+ 22  “Jy mag nie ’n weduwee of ’n weeskind* sleg behandel nie.+ 23  As jy hulle enigsins sleg behandel en hulle tot my om hulp roep, sal ek hulle beslis hoor.+ 24  Ek sal woedend word, en ek sal julle met die swaard doodmaak, en julle vrouens sal weduwees word en julle kinders sal weeskinders word. 25  “As jy geld leen aan enigiemand wat arm* is onder my volk, aan iemand wat onder julle woon, mag jy nie soos ’n skuldeiser word nie. Jy mag hom nie rente vra nie.+ 26  “As jy jou medemens se kleed as ’n waarborg vir ’n lening* neem,+ moet jy dit teen sononder vir hom teruggee, 27  want dit is sy enigste bedekking, sy klere om sy liggaam te bedek. Wat sal hy dra wanneer hy gaan slaap?+ Wanneer hy tot my roep, sal ek beslis hoor, want ek het medelye.*+ 28  “Jy mag God nie vervloek nie,+ en jy mag ook nie ’n hoofman* onder jou volk vervloek* nie.+ 29  “Jy moenie huiwer om offerandes te bring uit jou oorvloedige opbrengs en die oorvloed van jou wynpers en oliepers nie.+ Jy moet jou eersgebore seun aan my gee.+ 30  Dít is wat jy met jou bul en jou skaap moet doen:+ Sewe dae moet hy by sy ma bly. Op die agtste dag moet jy die dier vir my gee.+ 31  “Julle moet heilige mense vir my wees,+ en julle mag nie die vleis eet van enigiets in die veld wat deur ’n wilde dier verskeur is nie.+ Julle moet dit vir die honde gooi.

Voetnote

Lett. “vaderlose seun”.
Of “’n geteisterde”.
Of “as ’n pand”.
Of “heerser”.
Of “beledig; uitskel”.