Eksodus 24:1-18

  • Volk stem in om verbond te hou (1-11)

  • Moses op berg Sinai (12-18)

24  Toe het hy vir Moses gesê: “Klim op na Jehovah toe, jy en Aäron, Nadab en Abiʹhu+ en 70 van die ouermanne van Israel, en buig neer terwyl julle nog op ’n afstand is.  Moses moet alleen nader kom na Jehovah toe, maar die ander moenie nader kom nie, en die volk moenie saam met hom opklim nie.”+  Toe het Moses gekom en vir die volk alles vertel wat Jehovah gesê het en al die regterlike bevele aan hulle oorgedra.+ En die hele volk het met een stem geantwoord: “Ons is bereid om alles te doen wat Jehovah gesê het.”+  Moses het toe alles neergeskryf wat Jehovah gesê het.+ Toe het hy die oggend vroeg opgestaan en aan die voet van die berg ’n altaar gebou en 12 pilare opgerig, een vir elkeen van die 12 stamme van Israel.  Daarna het hy jong Israelitiese mans gestuur om brandoffers vir Jehovah te offer, en ook bulle as vrede-offers.*+  Toe het Moses die helfte van die bloed geneem en dit in bakke gegooi, en hy het die ander helfte van die bloed op die altaar gesprinkel.  Toe het hy die boek van die verbond geneem en dit hardop vir die volk gelees.+ En hulle het gesê: “Ons is bereid om alles te doen wat Jehovah gesê het, en ons sal gehoorsaam wees.”+  Toe het Moses die bloed geneem en dit op die volk gesprinkel+ en gesê: “Dit is die bloed van die verbond wat Jehovah met julle gemaak het in ooreenstemming met al hierdie woorde.”+  Moses en Aäron, Nadab en Abiʹhu en 70 van die ouermanne van Israel het opgeklim, 10  en hulle het die God van Israel gesien.+ Onder sy voete was iets wat soos ’n vloer van saffier gelyk het, en dit was so suiwer soos die hemel self.+ 11  Hy het niks slegs aan die gerespekteerde manne van Israel+ gedoen nie, en hulle het ’n visioen van die ware God gesien en het geëet en gedrink. 12  Jehovah het toe vir Moses gesê: “Klim teen die berg op na my toe en bly daar. Ek sal vir jou die kliptablette gee met die wet en die gebod wat ek sal skryf om hulle te onderrig.”+ 13  Toe het Moses en sy dienaar Josua+ opgestaan, en Moses het teen die berg van die ware God opgeklim.+ 14  Maar hy het vir die ouermanne gesê: “Wag hier vir ons totdat ons na julle toe terugkeer.+ Aäron en Hur+ is hier by julle. Enigiemand wat ’n regsaak het, kan na hulle toe gaan.”+ 15  Toe het Moses teen die berg opgeklim terwyl die wolk dit bedek het.+ 16  Jehovah se heerlikheid+ het op die berg Siʹnai+ gebly, en die wolk het dit ses dae lank bedek. Op die sewende dag het hy uit die wolk na Moses geroep. 17  Vir die Israeliete wat toegekyk het, het Jehovah se heerlikheid soos ’n verterende vuur op die bergtop gelyk. 18  Moses het toe in die wolk ingegaan en teen die berg opgeklim.+ En Moses het 40 dae en 40 nagte op die berg gebly.+

Voetnote

Of “gemeenskapsoffers”.