Eksodus 26:1-37

  • Die tabernakel (1-37)

    • Die tentdoeke (1-14)

    • Paneelrame en voetstukke (15-30)

    • Die gordyn en die skerm (31-37)

26  “Jy moet die tabernakel+ maak met tien tentdoeke van fyn gedraaide linnedraad, blou garing, pers wol en helderrooi materiaal. Jy moet gerubs+ daarop borduur.+  Elke tentdoek moet 28 el* lank en 4 el breed wees. Al die tentdoeke moet ewe groot wees.+  Vyf tentdoeke moet aanmekaargeheg word om ’n reeks te vorm, en die ander vyf tentdoeke moet aanmekaargeheg word om ’n reeks te vorm.  Jy moet lissies van blou garing aan die rand van die een tentdoek aan die einde van die reeks maak, en jy moet dieselfde doen aan die einde van die ander reeks tentdoeke waar die twee reekse tentdoeke aan mekaar vasgehaak sal word.  Jy moet 50 lissies aan die een tentdoek maak, en 50 lissies aan die rand van die ander tentdoek, sodat hulle teenoor mekaar sal wees waar hulle aan mekaar vasgehaak word.  Jy moet 50 goue hakies maak en die twee reekse tentdoeke met die hakies aan mekaar vashaak, sodat die tabernakel ’n eenheid vorm.+  “Jy moet ook doeke van bokhaar+ maak vir die tent oor die tabernakel. Jy moet 11 tentdoeke maak.+  Elke tentdoek moet 30 el lank en 4 el breed wees. Al 11 tentdoeke moet ewe groot wees.  Jy moet vyf van die tentdoeke aanmekaarheg en die ander ses tentdoeke aanmekaarheg, en jy moet die sesde tentdoek terugvou aan die voorkant van die tent. 10  En jy moet 50 lissies aan die rand van die een tentdoek maak, die buitenste in die reeks, en 50 lissies aan die rand van die tentdoek by die ander plek waar hulle aan mekaar vasgehaak word. 11  Jy moet 50 koperhakies maak en die hakies in die lissies steek en die twee reekse tentdoeke aan mekaar vashaak, sodat dit ’n eenheid vorm. 12  Laat die oorblywende deel van die tentdoeke oorhang. Die helfte van die oorblywende tentdoek moet aan die agterkant van die tabernakel oorhang. 13  Die tentdoeke wat oor die sykante van die tabernakel hang, moet aan elke kant een el langer wees as die onderste tentdoek sodat dit die tabernakel kan bedek. 14  “Jy moet ook ’n bedekking van rooigekleurde ramsvelle vir die tent maak, en daar bo-oor ’n bedekking van robbevelle.+ 15  “Jy moet regopstaande paneelrame+ van akasiahout vir die tabernakel maak.+ 16  Elke paneelraam moet tien el hoog en een en ’n half el breed wees. 17  Elke paneelraam het twee tappe* wat parallel is met mekaar.* Dit is hoe jy al die paneelrame van die tabernakel moet maak. 18  Jy moet 20 paneelrame vir die suidekant van die tabernakel maak wat na die suide toe kyk. 19  “Jy moet 40 silwervoetstukke+ onder die 20 paneelrame maak: twee voetstukke onder elkeen van die paneelrame vir hulle twee tappe.+ 20  Vir die ander kant van die tabernakel, die noordekant, moet jy 20 paneelrame maak, 21  sowel as hulle 40 silwervoetstukke: twee voetstukke onder elkeen van die paneelrame. 22  Vir die agterste deel van die tabernakel, aan die westekant, moet jy ses paneelrame maak.+ 23  Jy moet twee paneelrame maak wat as die twee hoekstutte kan dien vir die agterkant van die tabernakel. 24  Hulle moet uit twee dele bestaan wat aan die bokant by die eerste ring bymekaarkom. Albei paneelrame moet op dieselfde manier gemaak word, en hulle sal die twee hoekstutte vorm. 25  En daar moet agt paneelrame en 16 silwervoetstukke wees: twee voetstukke onder elkeen van die paneelrame. 26  “Jy moet stawe van akasiahout maak: vyf vir die paneelrame aan die een kant van die tabernakel+ 27  en vyf vir die paneelrame aan die ander kant van die tabernakel en vyf vir die paneelrame aan die westekant van die tabernakel, vir die agterste deel. 28  Die middelste staaf moet oor die middel van die paneelrame strek, van die een ent tot die ander ent. 29  “Jy moet die paneelrame met goud oortrek,+ en jy moet vir die paneelrame ringe van goud maak waardeur die stawe gesteek moet word, en jy moet die stawe met goud oortrek. 30  Jy moet die tabernakel oprig volgens die plan wat op die berg vir jou gewys is.+ 31  “Jy moet ’n gordyn*+ maak van blou garing, pers wol, helderrooi materiaal en fyn gedraaide linnedraad. Gerubs moet daarop geborduur word. 32  Jy moet dit ophang aan vier pilare van akasiahout wat met goud oorgetrek is. Hulle hakies moet van goud wees. Die pilare moet op vier silwervoetstukke geplaas word. 33  Jy moet die gordyn* onder die hakies ophang en die ark van die Getuienis inbring+ en dit agter die gordyn sit. Die gordyn sal vir julle ’n skeiding maak tussen die Heilige+ en die Allerheiligste.+ 34  Jy moet die deksel op die ark van die Getuienis in die Allerheiligste sit. 35  “Jy moet die tafel buite die gordyn* sit, en die lampstaander+ aan die suidekant van die tabernakel, oorkant die tafel, wat aan die noordekant moet staan. 36  Jy moet vir die ingang van die tent ’n skerm* maak van blou garing, pers wol, helderrooi materiaal en fyn gedraaide linnedraad wat saamgeweef is.+ 37  Jy moet vyf pilare van akasiahout vir die skerm* maak en hulle met goud oortrek. Hulle hakies moet van goud wees, en jy moet vyf kopervoetstukke vir hulle giet.

Voetnote

’n El was gelyk aan 44,5 cm. Sien Aanh. B14.
Of moontlik “regop stutte”.
Of “wat met mekaar verbind is”.
Of “voorhangsel”.
Of “voorhangsel”.
Of “voorhangsel”.
Of “gordyn”.
Of “gordyn”.