Eksodus 27:1-21

  • Die brandofferaltaar (1-8)

  • Die voorhof (9-19)

  • Olie vir lampstaander (20, 21)

27  “Jy moet die altaar van akasiahout maak.+ Dit moet vyf el* lank en vyf el breed wees. Die altaar moet vierkantig en drie el hoog wees.+  Jy moet horings+ op die vier hoeke maak. Die horings moet deel wees van die altaar, en jy moet die altaar met koper oortrek.+  Jy moet emmers maak om die as* te verwyder, sowel as grawe, bakke, vurke en vuurbakke, en jy moet al die voorwerpe van koper maak.+  Jy moet ’n rooster vir die altaar maak, ’n netwerk van koper, met vier koperringe aan die vier hoeke van die rooster.  Dit moet onder die rand van die altaar wees, binne-in die altaar, omtrent halfpad ondertoe.  Jy moet pale van akasiahout vir die altaar maak en dit met koper oortrek.  Die pale moet in die ringe gesteek word, sodat die pale aan die twee kante van die altaar sal wees wanneer dit gedra word.+  Die altaar moet soos ’n kis van planke wees wat hol is aan die binnekant. Dit moet gemaak word net soos Hy vir jou op die berg gewys het.+  “Jy moet die voorhof+ van die tabernakel maak. Aan die suidekant van die voorhof, wat na die suide toe kyk, moet daar hangende gordyne van fyn gedraaide linnedraad wees, 100 el lank vir die een kant.+ 10  Dit moet 20 pilare met 20 kopervoetstukke hê. Die hakies van die pilare en hulle verbindingstukke* moet van silwer wees. 11  Die hangende gordyne aan die noordekant moet ook oor ’n lengte van 100 el strek, en daar moet 20 pilare en 20 kopervoetstukke wees, met hakies en verbindingstukke* van silwer vir die pilare. 12  Daar moet hangende gordyne aan die westekant wees wat oor ’n lengte van 50 el strek, regoor die breedte van die voorhof, met tien pilare en tien voetstukke. 13  Die breedte van die voorhof aan die oostekant, aan die kant waar die son opkom, moet 50 el wees. 14  Aan die een kant moet daar hangende gordyne wees wat oor ’n lengte van 15 el strek, met drie pilare en drie voetstukke.+ 15  En aan die ander kant moet daar hangende gordyne wees wat oor ’n lengte van 15 el strek, met drie pilare en drie voetstukke. 16  “Die ingang van die voorhof moet ’n skerm* van 20 el hê wat gemaak is van blou garing, pers wol, helderrooi materiaal en fyn gedraaide linnedraad wat saamgeweef is,+ met vier pilare en vier voetstukke.+ 17  Al die pilare om die voorhof moet hegstukke en hakies van silwer hê, maar hulle voetstukke moet van koper wees.+ 18  Die voorhof moet 100 el lank+ en 50 el breed wees, en die gordyne van fyn gedraaide linnedraad om die voorhof moet 5 el hoog wees, en dit moet kopervoetstukke hê. 19  Al die voorwerpe en die items wat in die diens in verband met die tabernakel gebruik sal word, sowel as die tentpenne en al die penne van die voorhof, moet van koper wees.+ 20  “Jy moet die Israeliete beveel om vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die lampstaander te bring, sodat die lampe kan bly brand.+ 21  Aäron en sy seuns moet reël dat die lampe in die tent van samekoms, wat buite die gordyn* naby die Getuienis+ is, van die aand tot die oggend toe voor Jehovah bly brand.+ Dit is ’n permanente wetsbepaling vir die Israeliete, wat hulle in al hulle geslagte moet nakom.+

Voetnote

’n El was gelyk aan 44,5 cm. Sien Aanh. B14.
Of “vetterige as”, d.w.s. as wat met die vet van die offerandes deurdrenk is.
Of “ringe; bande” wat gebruik is om voorwerpe aan mekaar te verbind.
Of “ringe; bande” wat gebruik is om voorwerpe aan mekaar te verbind.
Of “gordyn”.
Of “voorhangsel”.