Eksodus 35:1-35

  • Instruksies oor Sabbat (1-3)

  • Bydraes vir tabernakel (4-29)

  • Besaleël en Oholiab met gees gevul (30-35)

35  Moses het later die hele gemeenskap van Israel bymekaargeroep en vir hulle gesê: “Dít is die dinge wat Jehovah beveel het gedoen moet word:+  Ses dae lank mag werk gedoen word, maar die sewende dag moet vir julle iets heiligs word, ’n sabbat, ’n spesiale rusdag vir Jehovah.+ Enigiemand wat op daardie dag werk doen, moet doodgemaak word.+  Julle mag nie op die Sabbatdag in enige van julle woonplekke vuur maak nie.”  Moses het toe vir die hele gemeenskap van Israel gesê: “Dít is wat Jehovah beveel het:  ‘Julle moet ’n bydrae vir Jehovah insamel.+ Laat elkeen wat ’n gewillige hart het,+ ’n bydrae vir Jehovah bring: goud, silwer, koper,  blou garing, pers wol, helderrooi materiaal, fyn linne, bokhaar,+  rooigekleurde ramsvelle, robbevelle, akasiahout,  olie vir die lampe, balsem vir die salfolie en vir die geurige reukwerk,+  oniksstene en ander stene om in die efod+ en in die borsstuk+ te set. 10  “‘Laat almal onder julle kom wat vaardighede het,*+ en laat hulle alles maak wat Jehovah beveel het, 11  naamlik die tabernakel met sy tent en sy bedekking, sy hakies en sy paneelrame, sy stawe, sy pilare en sy voetstukke; 12  die Ark+ en sy pale,+ die deksel+ en die gordyn*+ wat as die skerm dien; 13  die tafel+ en sy pale en al sy voorwerpe en die offerbrode;+ 14  die lampstaander+ om lig te gee, sy voorwerpe, sy lampe en die olie vir die lampe;+ 15  die reukwerkaltaar+ en sy pale; die salfolie en die geurige reukwerk;+ die skerm* vir die tabernakel se ingang; 16  die brandofferaltaar+ en sy koperrooster, sy pale en al sy voorwerpe; die kom en sy voetstuk;+ 17  die hangende gordyne van die voorhof,+ sy pilare en sy voetstukke; die skerm* van die ingang van die voorhof; 18  die tentpenne van die tabernakel en die tentpenne van die voorhof en hulle toue;+ 19  die fyngeweefde klere+ vir diens in die heiligdom, die heilige klere vir die priester Aäron+ en die klere van sy seuns vir hulle priesterlike diens.’” 20  Toe het die hele gemeenskap van Israel van Moses af weggegaan. 21  Daarna het almal wie se hart hulle beweeg het+ en wie se gees hulle aangedryf het, gekom en hulle bydrae vir Jehovah gebring wat gebruik moes word vir die tent van samekoms, vir alles wat nodig was vir die diens daar en vir die heilige klere. 22  Hulle het bly kom, die mans en die vrouens, elkeen wat ’n gewillige hart gehad het, en hulle het borsspelde, oorringe, ringe en ander juwele sowel as allerhande goue voorwerpe gebring. Hulle het almal hulle offers* van goud vir Jehovah aangebied.+ 23  En almal wat blou garing, pers wol, helderrooi materiaal, fyn linne, bokhaar, rooigekleurde ramsvelle en robbevelle gehad het, het dit gebring. 24  Almal wat silwer en koper wou bydra, het dit as ’n bydrae vir Jehovah gebring, en almal wat akasiahout vir enige deel van die werk gehad het, het dit gebring. 25  Al die vrouens wat vaardighede gehad het,+ het met hulle hande gespin, en hulle het gebring wat hulle gespin het: blou garing, pers wol, helderrooi materiaal en fyn linne. 26  En al die vrouens wat vaardighede gehad het en wie se hart hulle beweeg het, het die bokhaar gespin. 27  En die hoofmanne het oniksstene en ander stene gebring wat in die efod en in die borsstuk+ geset moes word, 28  sowel as die balsem en die olie vir die lampe en vir die salfolie+ en vir die geurige reukwerk.+ 29  Al die mans en vrouens wie se hart hulle beweeg het, het iets gebring vir die werk wat Jehovah deur middel van Moses beveel het gedoen moet word. Die Israeliete het dit as ’n vrywillige offer vir Jehovah gebring.+ 30  Toe het Moses vir die Israeliete gesê: “Kyk, Jehovah het Besaʹleël, die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, gekies.+ 31  Hy het hom met die gees van God gevul en hom wysheid, begrip en kennis van elke soort ambag gegee 32  om kunstige ontwerpe te maak, om met goud, silwer en koper te werk, 33  om stene te sny en te set en om allerhande soorte kunstige houtvoorwerpe te maak. 34  En hy het dit in sy hart gesit om ander te leer, hy en Ohoʹliab,+ die seun van Ahiʹsamag, van die stam van Dan. 35  Hy het hulle die vaardighede* gegee+ om al die werk te doen van ’n ambagsman, ’n borduurder, ’n maker van weefstof en ’n wewer van blou garing, pers wol, helderrooi materiaal en fyn linnedraad. Hierdie manne sal elke soort werk doen en allerhande ontwerpe maak.

Voetnote

Lett. “wys van hart is”.
Of “voorhangsel”.
Of “gordyn”.
Of “gordyn”.
Of “beweegoffers”.
Lett. “wysheid van hart”.