Eksodus 37:1-29

  • Die Ark word gemaak (1-9)

  • Die tafel (10-16)

  • Die lampstaander (17-24)

  • Die reukwerkaltaar (25-29)

37  Besaʹleël+ het toe die Ark+ van akasiahout gemaak. Dit was twee en ’n half el* lank en een en ’n half el breed en een en ’n half el hoog.+  Hy het die binnekant en die buitekant daarvan met suiwer goud oorgetrek en ’n goue randversiering daarom gemaak.+  Daarna het hy vier goue ringe daarvoor gegiet, wat bo die vier pote vasgesit is, met twee ringe aan die een kant en twee ringe aan die ander kant.  Hy het toe pale van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek.+  Toe het hy die pale deur die ringe aan die kante van die Ark gesteek om die Ark mee te dra.+  Hy het die deksel van suiwer goud gemaak.+ Dit was twee en ’n half el lank en een en ’n half el breed.+  Hy het toe twee gerubs+ van goud gemaak. Hy het hulle met ’n hamer gevorm, en hulle was weerskante bo-op die deksel.+  Een gerub was aan die een kant, en die ander gerub was aan die ander kant. Hy het die gerubs gemaak, en hulle was weerskante bo-op die deksel.  Die twee gerubs het hulle vlerke na bo uitgesprei, bo-oor die deksel.+ Hulle koppe was na mekaar toe, en hulle gesigte het na die deksel afgekyk.+ 10  Hy het toe die tafel van akasiahout gemaak.+ Dit was twee el lank, een el breed en een en ’n half el hoog.+ 11  En hy het dit met suiwer goud oorgetrek en ’n goue randversiering daarom gemaak. 12  Daarna het hy ’n rand van ’n handbreedte* om die tafel gemaak, en aan daardie rand het hy ’n goue randversiering reg rondom gemaak. 13  Verder het hy vier goue ringe daarvoor gegiet en die ringe aan die vier hoeke vasgesit waar die vier pote was. 14  Die ringe was naby die rand, en die pale waarmee die tafel gedra is, is deur die ringe gesteek. 15  Toe het hy die pale waarmee die tafel gedra is, van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek. 16  Daarna het hy die voorwerpe wat op die tafel was – sy skottels, sy bekers en sy bakke en kanne waaruit drankoffers gegooi sou word – van suiwer goud gemaak.+ 17  Toe het hy die lampstaander+ van suiwer goud gemaak. Hy het dit met ’n hamer gevorm. Die lampstaander se voetstuk, steel, kelke, knoppe en bloeisels was alles een stuk.+ 18  Ses arms het uit die steel van die lampstaander gekom: drie arms uit die een kant en drie arms uit die ander kant. 19  Drie kelke in die vorm van amandelblomme was aan die een stel arms, met knoppe en bloeisels wat mekaar afwissel, en drie kelke in die vorm van amandelblomme was aan die ander stel arms, met knoppe en bloeisels wat mekaar afwissel. Dit is hoe die ses arms gemaak is wat uit die steel van die lampstaander gekom het. 20  En aan die steel van die lampstaander was daar vier kelke in die vorm van amandelblomme, met knoppe en bloeisels wat mekaar afwissel. 21  Daar was ’n knop onder die eerste twee arms wat uit die steel gekom het, en ’n knop onder die volgende twee arms en ’n knop onder die laaste twee arms. Dit is hoe al ses arms was wat uit die steel van die lampstaander gekom het. 22  Die knoppe en die arms en die hele lampstaander het uit een stuk suiwer goud bestaan. Dit is met ’n hamer gevorm. 23  Toe het hy die sewe lampe+ en die snuiters* en die vuurbakkies van suiwer goud gemaak. 24  Hy het die lampstaander en al sy voorwerpe van ’n talent* suiwer goud gemaak. 25  Hy het toe die reukwerkaltaar+ van akasiahout gemaak. Dit was vierkantig, ’n el lank, ’n el breed en twee el hoog. Die horings was deel van die altaar.+ 26  Hy het die altaar met suiwer goud oorgetrek: die boonste oppervlak, al die kante en die horings. Hy het ook ’n goue randversiering daarom gemaak. 27  Hy het onder die randversiering aan twee teenoorgestelde kante twee goue ringe daarvoor gemaak, en die pale waarmee dit gedra is, is daardeur gesteek. 28  Daarna het hy die pale van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek. 29  Hy het ook die heilige salfolie+ en die suiwer, geurige reukwerk+ met vaardigheid gemeng.*

Voetnote

’n El was gelyk aan 44,5 cm. Sien Aanh. B14.
Omtrent 7,4 cm. Sien Aanh. B14.
Of “tange”.
’n Talent was gelyk aan 34,2 kg. Sien Aanh. B14.
Of “gemeng soos ’n salfmaker dit sou meng”.