Eksodus 38:1-31

  • Die brandofferaltaar (1-7)

  • Die koperkom (8)

  • Die voorhof (9-20)

  • Verslag van materiale vir tabernakel (21-31)

38  Hy het die brandofferaltaar van akasiahout gemaak. Dit was vierkantig, vyf el* lank, vyf el breed en drie el hoog.+  Toe het hy die horings op die vier hoeke gemaak. Die horings was deel van die altaar. Daarna het hy die altaar met koper oorgetrek.+  Toe het hy al die voorwerpe van die altaar gemaak: die emmers, die grawe, die bakke, die vurke en die vuurbakke. Hy het al die voorwerpe van koper gemaak.  Hy het ook ’n rooster gemaak wat binne-in die altaar was, ’n netwerk van koper wat onder die rand omtrent halfpad ondertoe was.  Hy het vier ringe vir die vier hoeke naby die koperrooster gegiet, en die pale is deur die ringe gesteek.  Daarna het hy die pale van akasiahout gemaak en dit met koper oorgetrek.  Hy het die pale deur die ringe aan die kante van die altaar gesteek, sodat dit gedra kon word. Hy het die altaar van planke gemaak, in die vorm van ’n kis.  Toe het hy die koperkom+ en sy kopervoetstuk gemaak. Hy het dit gemaak van die spieëls* van die vrouens wat georganiseer is om by die ingang van die tent van samekoms te dien.  Daarna het hy die voorhof gemaak.+ Vir die suidekant van die voorhof, wat na die suide toe kyk, het hy hangende gordyne gemaak. Dit het oor ’n lengte van 100 el gestrek en was van fyn gedraaide linnedraad gemaak.+ 10  Daar was 20 pilare en 20 kopervoetstukke, en die hakies van die pilare en hulle verbindingstukke* was van silwer. 11  En vir die noordekant was daar hangende gordyne wat oor ’n lengte van 100 el gestrek het. Hulle 20 pilare en hulle 20 voetstukke was van koper. Die hakies van die pilare en hulle verbindingstukke* was van silwer. 12  Maar aan die westekant was daar hangende gordyne wat oor ’n lengte van 50 el gestrek het. Daar was tien pilare en tien voetstukke, en die hakies van die pilare en hulle verbindingstukke* was van silwer. 13  Die breedte van die voorhof aan die oostekant, aan die kant waar die son opkom, was 50 el. 14  Aan die een kant van die ingang was daar hangende gordyne wat oor ’n lengte van 15 el gestrek het, met drie pilare en drie voetstukke. 15  En aan die ander kant van die ingang van die voorhof was daar hangende gordyne wat oor ’n lengte van 15 el gestrek het, met drie pilare en drie voetstukke. 16  Al die hangende gordyne om die voorhof was van fyn gedraaide linnedraad. 17  Die voetstukke vir die pilare was van koper, die hakies van die pilare en hulle verbindingstukke* was van silwer, die kopstukke was met silwer oorgetrek, en daar was silwerverbindingstukke vir al die pilare van die voorhof.+ 18  Die skerm* van die ingang van die voorhof was geweef van blou garing, pers wol, helderrooi materiaal en fyn gedraaide linnedraad. Dit was 20 el lank en 5 el hoog, net so hoog soos die hangende gordyne van die voorhof.+ 19  Hulle vier pilare en hulle vier voetstukke was van koper gemaak. Hulle hakies en verbindingstukke* was van silwer, en hulle kopstukke was met silwer oorgetrek. 20  Al die tentpenne vir die tabernakel en die voorhof was van koper.+ 21  Hier volg ’n verslag van die materiale wat gebruik is vir die tabernakel, die tabernakel van die Getuienis.+ Die verslag is op Moses se bevel opgestel en was die verantwoordelikheid van die Leviete+ onder die leiding van Iʹtamar,+ die seun van die priester Aäron. 22  Besaʹleël,+ die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, het alles gedoen wat Jehovah Moses beveel het. 23  Hy het hulp ontvang van Ohoʹliab,+ die seun van Ahiʹsamag, van die stam van Dan, ’n ambagsman en ’n borduurder en ’n wewer van blou garing, pers wol, helderrooi materiaal en fyn linne. 24  Al die goud wat vir al die werk by die heiligdom gebruik is, was gelyk aan die bedrag van die goud van die beweegoffer:+ 29 talente* en 730 sikkels* volgens die standaardsikkel van die heiligdom.* 25  En die silwer van die geregistreerdes van die gemeenskap van Israel was 100 talente en 1 775 sikkels volgens die standaardsikkel van die heiligdom.* 26  Die halfsikkel vir elke geregistreerde man was die helfte van ’n sikkel volgens die standaardsikkel van die heiligdom.* Altesaam 603 550+ mans van 20 jaar en ouer+ is geregistreer. 27  Altesaam 100 talente is gebruik om die voetstukke van die heiligdom en die voetstukke van die gordyn* te giet; 100 voetstukke was gelyk aan 100 talente, een talent vir elke voetstuk.+ 28  Met die 1 775 sikkels het hy hakies gemaak vir die pilare en hulle kopstukke oorgetrek en hulle met mekaar verbind. 29  Die koper van die offer* was 70 talente en 2 400 sikkels. 30  Hy het dit gebruik om die voetstukke van die ingang van die tent van samekoms te maak, sowel as die koperaltaar en sy koperrooster, al die voorwerpe van die altaar, 31  die voetstukke van die voorhof, die voetstukke van die ingang van die voorhof en al die tentpenne van die tabernakel en al die tentpenne+ van die voorhof.

Voetnote

’n El was gelyk aan 44,5 cm. Sien Aanh. B14.
D.w.s. spieëls van metaal wat gepoleer is.
Of “ringe; bande” wat gebruik is om voorwerpe aan mekaar te verbind.
Of “ringe; bande” wat gebruik is om voorwerpe aan mekaar te verbind.
Of “ringe; bande” wat gebruik is om voorwerpe aan mekaar te verbind.
Of “ringe; bande” wat gebruik is om voorwerpe aan mekaar te verbind.
Of “gordyn”.
Of “ringe; bande” wat gebruik is om voorwerpe aan mekaar te verbind.
’n Talent was gelyk aan 34,2 kg. Sien Aanh. B14.
’n Sikkel was gelyk aan 11,4 g. Sien Aanh. B14.
Of “volgens die heilige sikkel”.
Of “volgens die heilige sikkel”.
Of “volgens die heilige sikkel”.
Of “voorhangsel”.
Of “beweegoffer”.