Esra 3:1-13

  • Altaar herbou en offerandes geoffer (1-6)

  • Herbouing van tempel begin (7-9)

  • Fondament van tempel gelê (10-13)

3  Toe die sewende maand+ aanbreek en die Israeliete in hulle stede was, het hulle soos een man in Jerusalem bymekaargekom.  Jeʹsua,+ die seun van Joʹsadak, en sy mede-priesters en Serubbaʹbel,+ die seun van Sealʹtiël,+ en sy broers het opgestaan en die altaar van die God van Israel gebou, sodat hulle brandoffers daarop kon bring, volgens wat geskryf is in die Wet van Moses,+ die man van die ware God.  Hulle het die altaar op sy vorige plek opgestel, al was hulle bang vir die volke van die omliggende lande,+ en hulle het brandoffers aan Jehovah daarop begin offer, die brandoffers van die oggend en van die aand.+  Toe het hulle die Huttefees* gehou volgens wat geskryf is,+ en dag ná dag het hulle die spesifieke aantal brandoffers geoffer wat vir elke dag vereis is.+  Daarna het hulle die gereelde brandoffer geoffer,+ asook dié vir die nuwemane+ en dié vir die geheiligde feestye+ van Jehovah en ook die offerandes van elkeen wat uit vrye wil ’n gawe aan Jehovah geoffer het.+  Van die eerste dag van die sewende maand+ af het hulle brandoffers aan Jehovah begin bring, al was die fondament van Jehovah se tempel nog nie gelê nie.  Hulle het geld aan die klipkappers+ en aan die ambagsmanne+ gegee, en hulle het kos en drank en olie aan die Sidoniërs en die Tiriërs gegee omdat hulle stompe van sederhout uit die Liʹbanon-berge na die hawe by Joppe+ gebring het. Dit was goedgekeur deur koning Kores van Persië.+  In die tweede maand van die tweede jaar, nadat hulle by die huis van die ware God in Jerusalem gekom het, het Serubbaʹbel, die seun van Sealʹtiël, Jeʹsua, die seun van Joʹsadak, en die res van hulle broers, die priesters en die Leviete, sowel as almal wat uit die gevangenskap na Jerusalem gekom het,+ met die werk begin. Hulle het die Leviete wat 20 jaar en ouer was, aangestel om oor die werk aan die huis van Jehovah toesig te hou.  En Jeʹsua, sy seuns en sy broers, en Kadʹmiël en sy seuns, die seuns van Juda, asook die seuns van Heʹnadad,+ hulle seuns en hulle broers, die Leviete, het bymekaargekom om toesig te hou oor dié wat die werk in die huis van die ware God gedoen het. 10  Toe die bouers die fondament van die tempel van Jehovah gelê het,+ het die priesters in hulle priesterlike klere met die trompette,+ en die Leviete, die seuns van Asaf, met die simbale opgestaan om Jehovah te loof soos koning Dawid van Israel voorgeskryf het.+ 11  En hulle het beurte gemaak om te sing+ en het Jehovah met die volgende woorde begin loof en dank: “Hy is goed, en sy lojale liefde vir Israel duur vir ewig.”+ Toe het die hele volk Jehovah geloof met ’n groot gejuig omdat die fondament van die huis van Jehovah gelê is. 12  Baie van die priesters, die Leviete en die hoofde van die vaderhuise – die ou manne wat die vorige huis gesien het+ – het met ’n harde stem gehuil toe hulle sien hoe die fondament van hierdie huis gelê word, terwyl baie ander vreugdevol en hard uitgeroep het.+ 13  Die volk kon nie die geluid van die vreugdevolle uitroepe onderskei van die geluid van die gehuil van die volk nie, want die volk het so hard uitgeroep dat die geluid van ver af gehoor kon word.

Voetnote

Of “Fees van Tydelike Skuilings”.