Ester 10:1-3

  • Mordegai bekend en magtig (1-3)

10  Koning Ahasʹveros het die inwoners van die land en van die eilande van die see gedwing om vir hom te werk.  En al sy groot en kragtige prestasies sowel as die verslag met al die besonderhede van hoe hy Morʹdegai+ verheerlik het,+ is opgeteken in die boek met die geskiedkundige verslae+ van die konings van Medië en Persië.+  Net koning Ahasʹveros het ’n hoër posisie as die Jood Morʹdegai gehad. Morʹdegai was groot* onder die Jode, en hulle het hom gerespekteer, en hy het hard gewerk om goeie dinge vir sy volk te doen en om te sorg dat dit goed gaan met* al hulle nakomelinge.

Voetnote

Of “hooggeag”.
Lett. “en vrede gespreek vir”.