Ester 4:1-17
4 Toe Morʹdegai+ uitvind van alles wat gedoen is,+ het hy sy klere geskeur, saklinne aangetrek en as op hom gegooi. Toe het hy na die middel van die stad gegaan terwyl hy hard en bitterlik gehuil het.
2 Hy het net tot by die koning se poort gegaan, want niemand mag in saklinne in die koning se poort ingegaan het nie.
3 In elke provinsie*+ waar die Jode van die koning se woord en sy bevel gehoor het, het hulle baie getreur en gevas+ en hard gehuil. Baie van hulle het op saklinne en as+ gaan lê.
4 Toe koningin Ester se diensmeisies en haar eunugs inkom en haar vertel, was sy baie ontsteld. Sy het toe vir Morʹdegai klere gestuur om te dra eerder as sy saklinne, maar hy het geweier om dit aan te trek.
5 Toe het Ester vir Hatag geroep, een van die koning se eunugs, wat die koning as haar dienaar aangestel het, en sy het hom beveel om by Morʹdegai uit te vind wat dit alles beteken en wat aan die gang is.
6 Hatag het toe uitgegaan na Morʹdegai, wat in die openbare stadsplein voor die koning se poort was.
7 Morʹdegai het hom vertel van alles wat met hom gebeur het. En hy het vir hom gesê van die presiese bedrag geld+ wat Haman belowe het om aan die koning se skatkamer te betaal sodat die Jode vernietig kan word.+
8 Hy het ook vir hom ’n afskrif gegee van die geskrewe bevel wat in Susan*+ uitgevaardig is wat sê dat hulle vernietig moet word. Hy moes dit vir Ester wys en dit aan haar verduidelik. Hy moes ook vir haar sê+ om na die koning toe te gaan en hom te smeek om genade aan haar volk te betoon.
9 Hatag het toe teruggekom en vir Ester vertel wat Morʹdegai gesê het.
10 Toe het Ester vir Hatag gesê om die volgende boodskap aan Morʹdegai+ te gee:
11 “Al die koning se knegte en die volk van die koning se provinsies* weet dat daar net een wet is vir enigiemand wat na die koning se binneste voorhof gaan+ sonder dat hy geroep word: Hy moet doodgemaak word. Hy mag net lewe as die koning die goue septer na hom toe uitsteek.+ En dit is nou 30 dae sedert die koning my laas geroep het.”
12 Toe Morʹdegai vertel is wat Ester gesê het,
13 het hy haar geantwoord: “Moenie dink dat jy ’n beter kans staan om vry te kom as al die ander Jode omdat jy deel van die koning se huisgesin is nie.
14 Want as jy in hierdie tyd stilbly, sal verligting en verlossing vir die Jode uit ’n ander bron kom,+ maar jy en die huis van jou vader sal vergaan. En wie weet, dalk is hierdie krisis die rede waarom jy koningin geword het.”+
15 Toe het Ester vir Morʹdegai gesê:
16 “Gaan, maak al die Jode bymekaar wat in Susan* is, en vas+ namens my. Julle moet drie dae+ en drie nagte lank niks eet of drink nie. Ek en my diensmeisies sal ook vas. Ek sal na die koning toe gaan, al is dit teen die wet, en as ek moet sterf, dan moet ek sterf.”
17 Morʹdegai het toe weggegaan en alles gedoen wat Ester vir hom gesê het om te doen.