Ester 8:1-17

  • Mordegai bevorder (1, 2)

  • Ester smeek koning (3-6)

  • Koning se tweede bevel (7-14)

  • Verligting en vreugde vir Jode (15-17)

8  Op daardie dag het koning Ahasʹveros die huis van Haman,+ die vyand van die Jode,+ vir koningin Ester gegee. Morʹdegai het toe voor die koning verskyn, want Ester het die koning vertel dat hy familie van haar is.+  Toe het die koning sy seëlring afgehaal+ wat hy van Haman weggeneem het en dit vir Morʹdegai gegee. En Ester het Morʹdegai in beheer van die huis van Haman geplaas.+  Ester het toe weer met die koning gaan praat. Sy het by sy voete neergeval en gehuil en hom gesmeek om Haman, die Agagiet, se wrede plan teen die Jode stop te sit.+  Die koning het die goue septer na Ester toe uitgesteek,+ en daarna het Ester opgestaan en voor die koning gaan staan.  Sy het gesê: “As die koning dit goedvind en ek sy goedkeuring het, en as dit gepas is vir die koning en ek goed is in sy oë, wil ek vra dat ’n bevel geskryf word om die dokumente te herroep van die slinkse Haman,+ die seun van Hammedaʹta, die Agagiet.+ Hy het dit geskryf om die Jode in al die koning se provinsies* te vernietig.  Want ek sal dit nie kan verdra om te sien hoe hierdie ramp my volk tref en hoe my familielede vernietig word nie.”  Toe het koning Ahasʹveros vir koningin Ester en vir die Jood Morʹdegai gesê: “Kyk! Ek het die huis van Haman vir Ester gegee+ en hom aan die paal laat hang+ as gevolg van sy plan om die Jode aan te val.*  Julle mag nou in die koning se naam enigiets skryf wat julle dink goed is vir die Jode en dit met die koning se seëlring verseël, want ’n bevel wat in die koning se naam geskryf is en met die koning se seëlring verseël is, kan nie teruggetrek word nie.”+  Toe is die sekretarisse van die koning in daardie tyd geroep, in die derde maand, die maand Siwan,* op die 23ste dag. Hulle het alles neergeskryf wat Morʹdegai beveel het aan die Jode, die satrape,*+ die goewerneurs en die leiers van die provinsies*+ van Indië tot Etiopië, 127 provinsies.* Hulle het aan elke provinsie* geskryf in sy eie skrif* en aan elke volk in sy eie taal en aan die Jode in hulle eie skrif* en taal. 10  Hy het dit in die naam van koning Ahasʹveros neergeskryf en dit met die koning se seëlring+ verseël en die geskrewe dokumente met* boodskappers op perde gestuur. Hulle het op vinnige posperde gery wat vir koninklike diens gebruik is. 11  In hierdie dokumente het die koning aan die Jode in al die verskillende stede toestemming gegee om bymekaar te kom en om hulleself* te verdedig en om enige leërmag of volk of provinsie* wat hulle dalk sal aanval, insluitende vrouens en kinders, uit te roei, dood te maak en te vernietig en om hulle besittings te vat.+ 12  Dit moes op dieselfde dag plaasvind in al die provinsies* van koning Ahasʹveros, op die 13de dag van die 12de maand, die maand Adar.*+ 13  Die inhoud* van die dokument moes in al die provinsies* as ’n wet uitgevaardig word. Dit moes aan al die volke bekend gemaak word, sodat die Jode op daardie dag gereed sou wees om op hulle vyande wraak te neem.+ 14  Die boodskappers wat op die posperde gery het wat vir koninklike diens gebruik is, het dringend uitgegaan en vinnig gery, net soos die koning hulle beveel het. Die wet is ook in die paleis* Susan*+ uitgevaardig. 15  En Morʹdegai het van die koning af weggegaan in koninklike klere van blou en wit materiaal, en hy het ’n groot goue kroon en ’n mantel van goeie materiaal van pers wol gedra.+ En die stad Susan* het vreugdevol uitgeroep. 16  Vir die Jode was daar verligting* en blydskap en vreugde en eer. 17  En in al die provinsies* en al die stede waar die bevel en die wet van die koning gehoor is, was die Jode bly en vreugdevol. Hulle het geëet en feesgevier, en baie van die volke van die land het verklaar dat hulle Jode is,+ want hulle was bang vir die Jode.

Voetnote

Of “regsgebiede”.
Lett. “omdat hy sy hand uitgesteek het teen die Jode”.
Of “regsgebied”.
Of “skryfstyl”.
Of “skryfstyl”.
Of “regsgebiede”.
Titel wat “beskermers van die ryk” beteken, hier gebruik vir goewerneurs van provinsies in die Persiese Ryk.
Of “regsgebiede”.
Lett. “deur die hand van”.
Of “hulle siele”.
Of “regsgebied”.
Of “regsgebiede”.
Of “afskrif”.
Of “regsgebiede”.
Of “vesting”.
Of “Susa”.
Of “Susa”.
Lett. “lig”.
Of “regsgebiede”.