Habakuk 2:1-20

  • ‘Ek sal wag hou om te sien wat hy sal sê’ (1)

  • Jehovah antwoord profeet (2-​20)

    • ‘Bly gretig wag vir die visioen’ (3)

    • Regverdige sal deur getrouheid lewe (4)

    • Vyf uitsprake teen Galdeërs (6-20)

      • Aarde vol van kennis van Jehovah (14)

2  Ek sal op my wagpos bly staan,+en ek sal op die versterkte muur* staan. Ek sal wag hou om te sien wat hy deur my sal sêen wat ek sal antwoord wanneer ek tereggewys word.   Jehovah het my toe geantwoord: “Teken die visioen op en skryf dit duidelik op kliptablette,+sodat dit maklik* voorgelees kan word.+   Want die visioen is nog vir sy vasgestelde tyd,en dit beweeg vinnig na sy vervulling,* en dit sal nie lieg nie. Al sou dit lank neem,* bly gretig wag daarvoor!+ Want dit sal vir seker waar word. Dit sal nie laat wees nie!   Kyk na die een wat trots is. Sy hart is nie opreg nie. Maar die regverdige sal deur sy getrouheid* lewe.+   Ja, die wyn is bedrieglik,en daarom sal die hoogmoedige mens nie sy doel bereik nie. Hy maak sy eetlus so groot soos die Graf.* Hy is soos die dood en kan nie versadig word nie. Hy hou aan om al die nasies bymekaar te maaken om vir hom al die volke bymekaar te bring.+   Sal hulle almal nie spreuke, sinspelings en raaisels teen hom spreek nie?+ Hulle sal sê: ‘Dit sal sleg gaan met die een wat bymekaarmaak wat nie aan hom behoort nieen wat sy eie skuld selfs groter maak! Hoe lank sal dit nog aanhou?   Sal jou skuldeisers nie skielik opstaan nie? Hulle sal wakker word en jou erg skud,en jy sal vir hulle iets word wat hulle kan beroof.+   Omdat jy baie nasies beroof het,sal die res van die volke jou beroof.+ Want jy het mense doodgemaaken dade van geweld teen die aarde gepleeg,teen die stede en dié wat daarin woon.+   Dit sal sleg gaan met die een wat vir sy huis oneerlike wins maak,sodat hy sy nes in die hoogte kan maakom die greep van rampspoed vry te spring! 10  Jy het skande vir jou huis beplan. Jy sondig teen jouself deur baie volke te vernietig.+ 11  Want ’n klip sal vanuit die muur uitroep,en ’n dakbalk sal uit die houtwerk antwoord gee. 12  Dit sal sleg gaan met die een wat ’n stad deur bloedskuld bouen wat ’n dorp deur onregverdigheid vestig! 13  Kyk! Is dit nie Jehovah van die leërmagte wat volke hard laat werk vir wat in die vuur beland nieen wat veroorsaak dat nasies hulle verniet uitput nie?+ 14  Want die aarde sal vol wees van die kennis van die heerlikheid van Jehovahsoos die waters die see bedek.+ 15  Dit sal sleg gaan met die een wat sy metgeselle iets gee om te drink,en wat groot woede daarby voeg om hulle dronk te maak,om hulle kaal te kan sien! 16  Jy sal oorvol word van oneer in plaas van heerlikheid. Jy moet ook drink en ander laat sien dat jy nie besny is nie.* Die beker in die regterhand van Jehovah sal na jou toe kom,+en skande sal jou heerlikheid bedek, 17  want die dade van geweld wat teen die Liʹbanon-berge gepleeg is, sal jou bedek,en die vernietiging wat die diere bang gemaak het, sal oor jou kom,want jy het mense doodgemaaken dade van geweld teen die aarde gepleeg,teen die stede en dié wat daarin woon.+ 18  Van watter nut is ’n uitgekerfde beeldas sy maker hom uitgekerf het? Van watter nut is ’n metaalbeeld en ’n onderrigter van leuens? Hoe kan die een wat hierdie waardelose gode maak, op hulle vertrou? Want hulle is stom!+ 19  Dit sal sleg gaan met die een wat vir ’n stuk hout sê: “Word wakker!” of vir ’n stom klip: “Staan op! Onderrig ons!” Kyk! Dit is met goud en silwer oorgetrek,+en daar is glad nie asem daarin nie.+ 20  Maar Jehovah is in sy heilige tempel.+ Wees stil voor hom, almal op aarde!’”+

Voetnote

Of “die skans”.
Of “vlot”.
Of “einde”.
Of “Al lyk dit asof dit lank neem”.
Of moontlik “geloof”.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Of moontlik “drink en steier”.