Hooglied van Salomo 1:1-17

  • Die mooiste lied (1)

  • Jong vrou (2-7)

  • Dogters van Jerusalem (8)

  • Koning (9-11)

    • “Ons sal vir jou goue juwele maak” (11)

  • Jong vrou (12-14)

    • “My geliefde is vir my soos ’n sakkie mirre” (13)

  • Herder (15)

    • “Jy is pragtig, my liefling”

  • Jong vrou (16, 17)

    • “Jy is pragtig, my geliefde” (16)

1  Die mooiste lied,* die lied van Salomo:+   “Soen my met die soene van jou mond,want jy verseker my van jou liefde, en dit is beter as wyn.+   Die reuk van jou olies is aangenaam.+ Jou naam is soos lekkerruik-olie wat uitgegiet word.+ Daarom is die jong vroue lief vir jou.   Neem my saam met jou, laat ons hardloop. Die koning het my na sy binnekamers gebring! Laat ons bly wees en saam vrolik wees. Laat ons jou liefde* prys, dit is beter as wyn. Geen wonder dat hulle* lief is vir jou nie.   Ek is donker,* maar lieflik, o dogters van Jerusalem,soos die tente van Kedar,+ soos die tentdoeke+ van Salomo.   Moenie na my staar omdat ek donker is nie,want die son het my bruin gebrand. My broers was kwaad vir my. Hulle het my aangestel om die wingerde op te pas,maar ek het nie vir my eie wingerd gesorg nie.   My geliefde, sê tog vir mywaar jy jou skape oppas+en waar jy hulle in die middag laat rus. Hoekom moet ek wees soos ’n vrou wat ’n sluier* draby die kuddes van jou vriende?”   “As jy dit nie weet nie, o pragtigste van al die vroue,gaan volg die spore van die kuddeen laat jou boklammers langs die tente van die herders wei.”   “My liefling, jy is soos ’n* merrie voor die strydwaens van Farao.+ 10  Lieflik is jou wange en jou versierings,*jou nek met stringe krale om. 11  Ons sal vir jou goue juwele* maak,wat met silwerknoppies versier is.” 12  “Terwyl die koning by sy ronde tafel sit,versprei die geur van my parfuum.*+ 13  My geliefde is vir my soos ’n sakkie mirre+ wat lekker ruiken gedurende die nag tussen my borste is. 14  My geliefde is vir my soos hennablomme+tussen die wingerde van En⁠-⁠Gedi.”+ 15  “Jy is pragtig, my liefling. Jy is pragtig. Jou oë is soos dié van duiwe.”+ 16  “Jy is pragtig,* my geliefde, en lieflik.+ Ons bed is tussen die blare. 17  Die balke van ons huis is sederbome,ons dakbalke is jenewerbome.

Voetnote

Of “Die voortreflikste lied”.
Of “liefdesblyke”.
D.w.s. die jong vroue.
Lett. “swart”.
Of “rouklere”.
Of “my”.
Of moontlik “tussen die haarvlegsels”.
Of “ringe”.
Lett. “nardus”.
Of “aantreklik”.