Hooglied van Salomo 2:1-17

  • Jong vrou (1)

    • “Ek is maar net ’n veldblommetjie”

  • Herder (2)

    • ‘My liefling is soos ’n lelie’

  • Jong vrou (3-14)

    • ‘Moenie liefde opwek as dit nie vanself ontstaan nie’ (7)

    • Herder aangehaal (10b-14)

      • ‘Kom saam met my, my mooiste’ (10b, 13)

  • Jong vrou se broers (15)

    • “Vang die jakkalse vir ons”

  • Jong vrou (16, 17)

    • “My geliefde is myne en ek is syne” (16)

2  “Ek is maar net ’n veldblommetjie* van die kusvlakte,’n lelie van die valleie.”+   “Soos ’n lelie tussen die dorings,so is my liefling onder die dogters.”   “Soos ’n appelboom tussen die bome van die woud,so is my geliefde onder die seuns. Ek smag daarna om in sy skaduwee te sit,en sy vrugte is soet in my mond.   Hy het my in die feesplek* ingebring,en almal kon sy liefde vir my sien.   Versterk my met rosynekoeke,+verfris my met appels,want ek is siek weens die liefde.   Sy linkerhand is onder my kop,en sy regterarm omhels my.+   O dogters van Jerusalem, sweer vir myby die wildsbokke+ en die takbokooie van die velddat julle nie die liefde in my sal probeer wakker maak of opwek as dit nie vanself ontstaan nie.+   Die geluid van my geliefde! Kyk! Hier kom hy. Hy klim oor die berge, hy spring oor die heuwels.   My geliefde is soos ’n wildsbok, soos ’n jong takbok.+ Daar staan hy agter ons muur,hy kyk deur die vensters,hy loer deur die traliewerk. 10  My geliefde praat, hy sê vir my: ‘Staan op, my liefling,my mooiste, kom saam met my. 11  Want die winter* is verby. Die reën het verdwyn. 12  Bloeisels het in die land verskyn,+die tyd om te snoei, het aangebreek,+en die lied van die tortelduif word in ons land gehoor.+ 13  Die vroeë vye is ryp aan die vyeboom;+die bloeisels van die wingerdstokke versprei hulle geur. Staan op, my liefling, en kom. Kom saam met my, my mooiste. 14  O my duif, in die skuilplekke van die rotse,+in die skeure van die krans,laat ek jou sien en jou stem hoor,+want jou stem is so mooi en jou voorkoms is lieflik.’”+ 15  “Vang die jakkalse vir ons,die klein jakkalsies wat die wingerde verniel,aangesien ons wingerde al bot.” 16  “My geliefde is myne en ek is syne.+ Hy pas skape+ op tussen die lelies.+ 17  Voordat die windjie begin waai en die skaduwees vlug,moet jy gou terugkeer, my geliefde,soos die wildsbok+ of die jong takbok+ op die berge van skeiding.*

Voetnote

Lett. “saffraan”.
Lett. “wynhuis”.
Of “reënseisoen”.
Of “die Beterberge”.