Hooglied van Salomo 3:1-11

  • Jong vrou (1-5)

    • ‘Snags het ek die een wat ek liefhet, gesoek’ (1)

  • Dogters van Sion (6-11)

    • Salomo se gevolg beskryf

3  “Snags op my bedhet ek die een wat ek liefhet, gesoek.+ Ek het hom gesoek, maar ek het hom nie gevind nie.+   Ek sal opstaan en die stad deursoek. Laat ek die een wat ek liefhetop die strate en op die openbare pleine soek. Ek het hom gesoek, maar ek het hom nie gevind nie.   Die wagte wat hulle rondtes in die stad doen, het my gevind.+ ‘Het julle die een wat ek liefhet, gesien?’   Ek was net by hulle verbytoe ek die een vind wat ek liefhet. Ek het hom vasgehou, ek wou hom nie laat gaan nietotdat ek hom in my ma se huis ingebring het,+in die binnekamer van die een wat aan my geboorte gegee het.   O dogters van Jerusalem, sweer vir myby die wildsbokke en die takbokooie van die velddat julle nie die liefde in my sal probeer wakker maak of opwek as dit nie vanself ontstaan nie.”+   “Wat kom soos rookwolke daar uit die wildernis aan,met die geur van mirre en wierooken al die lekkerruik-poeiers van ’n handelaar?”+   “Kyk! Dit is die drastoel* van Salomo,omring deur sestig sterk manne,uit die sterk manne van Israel.+   Elkeen is gewapen met ’n swaard,opgelei om oorlog te voer,elkeen met sy swaard aan sy sy,gereed vir die nag se gevare.”   “Dit is die koninklike drastoel van koning Salomowat hy vir hom gemaak het van die bome van die Liʹbanon-berge.+ 10  Die pilare daarvan het hy van silwer gemaak,die leunings van goud. Die sitplek is van pers wol gemaak. Die binnekant is liefdevol versierdeur die dogters van Jerusalem.” 11  “Gaan uit, o dogters van Sion,kyk na koning Salomo. Hy dra die kroon* wat sy ma+ vir hom gemaak hetop die dag van sy huwelik,op die dag toe sy hart vol blydskap was.”

Voetnote

’n Toegeboude stoel waarin ’n belangrike persoon gedra is.
Of “krans”.