Hooglied van Salomo 4:1-16

  • Herder (1-5)

    • “Jy is pragtig, my liefling” (1)

  • Jong vrou (6)

  • Herder (7-16a)

    • ‘Jy het my hart verower, my bruid’ (9)

  • Jong vrou (16b)

4  “Jy is pragtig, my liefling. Jy is pragtig. Jou oë is soos dié van duiwe, agter jou sluier. Jou hare is soos ’n trop bokkewat teen die berge van Giʹlead afhuppel.+   Jou tande is soos ’n trop pas geskeerde skapewat nou net skoon gewas is. Elkeen het ’n tweeling,en nie een het ’n lammetjie verloor nie.   Jou lippe is soos ’n helderrooi lint,en jou spraak is aangenaam. Soos stukkies granaatis jou wange* agter jou sluier.   Jou nek+ is soos die toring van Dawid,+gebou in kliplae,waaraan ’n duisend skilde hang,al die ronde skilde van die sterk manne.+   Jou twee borste is soos twee lammers,die tweeling van ’n wildsbok,+wat tussen die lelies wei.”   “Voordat die windjie begin waai en die skaduwees vlug,sal ek na die mirrebergen na die wierookheuwel gaan.”+   “Jy is so pragtig, my liefling,+jy het geen gebrek nie.   Kom saam met my van die Liʹbanon-berge af, my bruid,kom saam met my van die Liʹbanon-berge af,+van die top van Amaʹna,*van die top van Senir, die top van Hermon,+van die lêplekke van die leeus, van die berge van die luiperds.   Jy het my hart gesteel,+ my suster, my bruid,jy het my hart gesteel met een kyk van jou oë,met een deeltjie van die ketting om jou nek. 10  Jy verseker my van jou liefde, en dit is vir my lieflik,+ my suster, my bruid! Jy verseker my van jou liefde, dit is baie beter as wyn,+en die geur van jou parfuum as enige spesery!+ 11  Jou lippe drup van suiwer heuning,+ my bruid. Heuning en melk is onder jou tong,+en die geur van jou klere is soos die geur van die Liʹbanon-woud. 12  My suster, ja, my bruid, is soos ’n tuin wat toegesluit is,’n tuin wat toegesluit is, ’n verseëlde fontein. 13  Jy is soos ’n tuin met bome waarvan die takke vol granate is,*met die beste vrugte, met henna en nardusplante, 14  nardus+ en saffraan, geurige riet+ en kaneel,+met allerhande wierookbome, mirre en aalwyne,+saam met al die beste parfuums.+ 15  Jy is ’n fontein in ’n tuin, ’n put met vars wateren stroompies van die Liʹbanon-berge+ af. 16  Word wakker, o noordewind;kom in, o suidewind. Waai oor my tuin. Laat die geure daarvan versprei.” “Laat my geliefde in sy tuin inkomen die beste vrugte daarvan eet.”

Voetnote

Of “slape”.
Of “die Anti-Libanon”.
Of moontlik “Jou vel is ’n paradys vol granate”.