Hooglied van Salomo 5:1-16

  • Herder (1a)

  • Vroue van Jerusalem (1b)

    • “Word dronk van die liefde!”

  • Jong vrou (2-8)

    • Vertel haar droom

  • Dogters van Jerusalem (9)

    • “Wat maak jou geliefde beter as al die ander?”

  • Jong vrou (10-16)

    • “Hy staan uit onder tienduisend” (10)

5  “Ek het na my tuin toe gekom,+o my suster, my bruid. Ek het my mirre en my speserye gepluk.+ Ek het my heuningkoek en my heuning geëet. Ek het my wyn en my melk gedrink.”+ “Eet, liewe vriende! Drink en word dronk van die liefde!”+   “Ek slaap, maar my hart is wakker.+ Daar is die geluid van my geliefde wat klop! ‘Maak vir my oop, o my suster, my liefling,my duif, die een wat vir my volmaak is! Want my kop is nat van die dou,my hare is nat van die nag se klammigheid.’+   Ek het my kleed uitgetrek. Moet ek dit weer aantrek? Ek het my voete gewas. Moet ek dit weer laat vuil word?   My geliefde het sy hand teruggetrek uit die opening in die deur,en weens hom het my hart vinniger begin klop.   Ek het opgestaan om vir my geliefde oop te maak. My hande het gedrup van mirre,en my vingers van mirre-olie,op die slot van die deur.   Ek het vir my geliefde oopgemaak,maar my geliefde het weggedraai, hy was weg. Ek het moedeloos gevoel toe hy weggegaan het.* Ek het hom gesoek, maar ek het hom nie gevind nie.+ Ek het hom geroep, maar hy het my nie geantwoord nie.   Die wagte wat hulle rondtes in die stad doen, het my gekry. Hulle het my geslaan, hulle het my gewond. Die wagte by die mure het my mantel* van my afgeneem.   O dogters van Jerusalem, sweer vir my: As julle my geliefde vind,moet julle vir hom sê dat ek siek is weens die liefde.”   “Wat maak jou geliefde beter as al die ander,o pragtigste onder die vroue? Wat maak jou geliefde beter as al die anderdat jy ons dit laat sweer het?” 10  “My geliefde is aantreklik en blosend,hy staan uit tussen tienduisend. 11  Sy kop is goud, die suiwerste goud. Sy hare is soos palmblare wat in die wind waai,*so swart soos ’n kraai. 12  Sy oë is soos duiwe by waterstrome,wat hulle in melk badwaar hulle by ’n oorvol poel* sit. 13  Sy wange is soos ’n bedding speserye,+hope geurige kruie. Sy lippe is lelies wat drup van mirre-olie.+ 14  Sy hande is goue silinders, versier met chrisoliet. Sy onderlyf is blink gevryfde ivoor, bedek met saffiere. 15  Sy bene is marmerpilare wat op voetstukke van die suiwerste goud rus. Sy voorkoms is soos die Liʹbanon, indrukwekkend soos die sederbome.+ 16  Sy mond* is pure soetheid,en alles aan hom is begeerlik.+ Dit is my geliefde, dit is my liefling, o dogters van Jerusalem.”

Voetnote

Of moontlik “My siel het uit my uitgegaan toe hy gepraat het”.
Of “sluier”.
Of moontlik “is soos dadeltrosse”.
Of moontlik “die rand van die fontein”.
Lett. “verhemelte”.