Hooglied van Salomo 7:1-13

  • Koning (1-9a)

    • “Hoe lieflik is jy, o geliefde meisie” (6)

  • Jong vrou (9b-13)

    • “Ek is my geliefde s’n, en hy smag na my” (10)

7  “Hoe pragtig is jou voete in jou sandale,o lieflike* dogter! Die rondings van jou heupe is soos juwele,die werk van ’n ambagsman se hande.   Jou naeltjie is ’n ronde bak. Mag gemengde wyn altyd daarin wees. Jou maag is ’n hoop koring,omring met lelies.   Jou twee borste is soos twee lammers,die tweeling van ’n wildsbok.+   Jou nek+ is soos ’n ivoortoring.+ Jou oë+ is soos die poele in Hesbon,+by die poort van Bat-Rabbim. Jou neus is soos die toring van die Liʹbanon,wat op Damaskus uitkyk.   Jou kop is soos die berg Karmel,+en die lokke van jou hare+ is soos pers wol.+ Die koning is bekoor deur jou golwende hare.   Hoe pragtig is jy, en hoe lieflik is jy,o geliefde meisie, jy is alles wat ’n mens kan begeer!   Jou gestalte is soos ’n palmboom,en jou borste soos dadeltrosse.+   Ek het gesê: ‘Ek sal teen die palmboom opklim,en sy vrugte pluk.’ Mag jou borste soos druiwetrosse wees,en jou asem soos die geur van appels,   en jou mond* soos die beste wyn.” “Mag dit vir my geliefde glad na binne gly,saggies vloei oor die lippe van dié wat slaap. 10  Ek is my geliefde s’n,+en hy smag na my. 11  Kom, my geliefde,laat ons uitgaan na die veld,laat ons tussen die hennaplante+ oornag. 12  Laat ons vroeg opstaan en na die wingerde gaan,om te sien of die wingerdstok uitgespruit het,of die bloeisels oopgegaan het,+of die granaatbome bloeisels het.+ Daar sal ek jou verseker van my liefde vir jou.+ 13  Die liefdesappels+ versprei hulle geur. By ons deure is daar allerhande heerlike vrugte.+ Die nuwes sowel as die oues het ek vir jou gebêre, o my geliefde.

Voetnote

Of “edele”.
Lett. “verhemelte”.