Hosea 14:1-9

  • Versoek om na Jehovah terug te keer (1-3)

    • Offer lof van ons lippe (2)

  • Israel se ontrouheid genees (4-9)

14  “Kom terug na Jehovah jou God, o Israel,+want jy het weens jou oortreding gestruikel.   Kom terug na Jehovah,en sê vir hom: ‘Vergewe asseblief ons oortreding+ en aanvaar wat goed is,en ons sal die lof van ons lippe offer+ soos ons jong bulle sou offer.   Assiʹrië sal ons nie red nie.+ Ons sal nie op perde ry nie,+en ons sal nie meer vir die werk van ons hande sê: “O ons God!” nie,want u is die Een wat genade aan weeskinders betoon.’+   Ek sal hulle ontrouheid genees.+ Ek sal hulle uit vrye wil liefhê,+want ek is nie meer kwaad vir hom nie.+   Ek sal vir Israel soos dou word. Hy sal blom soos ’n lelie,en hy sal sy wortels diep afstuur soos die bome van die Liʹbanon-berge.   Sy takkies sal uitsprei,sy prag sal soos dié van ’n olyfboom weesen sy geur soos dié van die Liʹbanon-berge.   Hulle sal weer in sy skaduwee woon. Hulle sal met graan boer en sal bot soos ’n wingerdstok.+ Sy roem sal soos die wyn van die Liʹbanon wees.   Eʹfraim sal sê: ‘Wat het ek nog met afgode te doen?’+ Ek sal antwoord en oor hom waak.+ Ek sal soos ’n groen jenewerboom wees. Jou vrugte sal van my af kom.”   Wie is wys? Laat hom hierdie dinge verstaan. Wie is verstandig? Laat hom dit begryp. Want die weë van Jehovah is reg,+en die regverdiges sal dit volg. Maar die oortreders sal daarop struikel.

Voetnote