Jeremia 12:1-17

  • Jeremia se klagte (1-4)

  • Jehovah se antwoord (5-17)

12  U is regverdig, o Jehovah,+ wanneer ek by u kla,wanneer ek met u praat oor sake wat met geregtigheid te doen het. Maar hoekom is die weg van die goddeloses suksesvol,+en hoekom is dié wat ander verraai, nie bekommerd nie?   U het hulle geplant, en hulle het wortelgeskiet. Hulle het gegroei en vrug voortgebring. U is op hulle lippe, maar ver van hulle diepste gedagtes.*+   Maar u ken my goed, o Jehovah,+ u sien my. U het my hart ondersoek en gevind dat dit in eenheid met u is.+ U moet hulle afsonder soos skape wat geslag gaan worden hulle opsysit vir die dag van slagting.   Hoe lank moet die land nog verdoren die plante van elke veld nog verdroog?+ As gevolg van die goddeloosheid van die mense wat daarin woon,is die diere en die voëls weggevee. Want hulle het gesê: “Hy sien nie wat met ons gaan gebeur nie.”   As jy moeg raak wanneer jy saam met mense hardloop,hoe kan jy dan ’n wedloop teen perde hardloop?+ Jy is dalk vol vertroue in die land van vrede,maar hoe sal jy vaar tussen die digte bosse langs die Jordaanrivier?   Want selfs jou broers, die huisgesin van jou eie pa,het jou verraai.+ Hulle roep met ’n harde stem teen jou uit. Moenie geloof in hulle stel nie,selfs al sê hulle goeie dinge vir jou.   “Ek het my huis agtergelaat,+ ek het my erfdeel laat vaar.+ Ek het my geliefde dierbare in die hand van haar vyande gegee.+   My erfdeel het vir my soos ’n leeu in die woud geword. Sy het teen my gebrul. Daarom haat ek haar.   My erfdeel is vir my soos ’n bont* roofvoël. Die ander roofvoëls omring haar en val haar aan.+ Kom bymekaar, al die diere van die veld,kom eet.+ 10  Baie herders het my wingerd verwoes.+ Hulle het my stuk grond vertrap.+ Hulle het my begeerlike stuk grond in ’n verlate wildernis verander. 11  Dit het ’n verlate plek geword. Dit het verdroog,*en dit lê woes voor my.+ Die hele land is verwoes,maar niemand steur hulle daaraan* nie.+ 12  Op al die uitgetrapte paaie deur die wildernis het die vernietigers gekom,want die swaard van Jehovah verslind van die een end van die land tot die ander end.+ Daar is geen vrede vir enigiemand* nie. 13  Hulle het koring gesaai, maar hulle het dorings geoes.+ Hulle het hulle uitgeput, maar verniet. Hulle sal skaam wees oor hulle opbrengsteas gevolg van die brandende woede van Jehovah.” 14  Dít is wat Jehovah sê: “Ek sal al my goddelose bure wat aan die erfdeel raak wat ek my volk Israel laat besit het,+ uit hulle land uitruk,+ en ek sal die huis van Juda onder hulle wegruk. 15  Maar nadat ek hulle weggeruk het, sal ek weer genade aan hulle betoon en elkeen van hulle na sy erfdeel en na sy land terugbring.” 16  “En as hulle seker maak dat hulle die weë van my volk leer en dat hulle by my naam sweer en sê: ‘So waar as wat Jehovah lewe!’ net soos hulle my volk geleer het om by Baäl te sweer, sal hulle dan onder my volk opgebou word. 17  Maar as hulle weier om gehoorsaam te wees, sal ek daardie nasie ook uitruk. Ek sal dit uitruk en vernietig,” sê Jehovah.+

Voetnote

Of “diepste emosies”. Lett. “niere”.
Of “gespikkelde”.
Of moontlik “Dit treur”.
Of “neem dit ter harte”.
Lett. “enige vlees”.