Jeremia 16:1-21

  • Jeremia moenie trou, treur of feesvier nie (1-9)

  • Straf, dan herstel (10-21)

16  Jehovah het weer met my gepraat en gesê:  “Moenie vir jou ’n vrou neem nie, en moenie seuns en dogters in hierdie plek hê nie.  Want dít is wat Jehovah sê oor die seuns en dogters wat in hierdie plek gebore word en oor hulle ma’s wat aan hulle geboorte gee en oor hulle pa’s wat hulle geboorte in hierdie land veroorsaak:  ‘Hulle sal van dodelike siektes sterf,+ maar niemand sal oor hulle treur of hulle begrawe nie. Hulle sal soos mis op die oppervlak van die aarde word.+ Hulle sal deur die swaard en die hongersnood sterf,+ en hulle lyke sal kos wees vir die voëls van die hemel en vir die diere van die aarde.’   “Want dít is wat Jehovah sê: ‘Moenie in ’n huis ingaan waar mense treur nie,en moenie gaan om te huil of om te simpatiseer nie.’+ ‘Want ek het my vrede van hierdie volk af weggeneem,’ sê Jehovah,‘sowel as my lojale liefde en genade.+   Groot en klein sal in hierdie land sterf. Hulle sal nie begrawe word nie. Niemand sal oor hulle treur nie,en niemand sal hom stukkend sny of sy kop kaal skeer vir hulle nie.*   Niemand sal kos voorsien aan dié wat treurom hulle oor hulle dooies te troos nie,en niemand sal die beker van vertroosting aan hulle geeom te drink oor die verlies van hulle pa of ma nie.   Moenie in ’n huis ingaan waar daar feesgevier wordom saam met hulle te sit en te eet en te drink nie.’  “Want dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê: ‘Kyk, ek sal in hierdie plek, in julle dae en voor julle oë, ’n einde maak aan die geluid van vreugde en blydskap, aan die stem van die bruidegom en die stem van die bruid.’+ 10  “Wanneer jy hierdie boodskap aan hierdie volk oordra, sal hulle vir jou vra: ‘Hoekom het Jehovah van hierdie groot rampspoed teen ons gepraat? Watter oortreding en watter sonde het ons teen Jehovah ons God gepleeg?’+ 11  Jy moet hulle antwoord: ‘“Julle voorvaders het my verlaat,”+ sê Jehovah, “en hulle het aangehou om ander gode te volg en hulle te dien en voor hulle neer te buig.+ Hulle het my verlaat, en hulle het my wet nie gehoorsaam nie.+ 12  En julle het julle baie slegter gedra as julle voorvaders,+ en elkeen van julle was hardkoppig en het sy goddelose hart gevolg in plaas daarvan om my te gehoorsaam.+ 13  Daarom sal ek julle uit hierdie land uitdryf na ’n land wat nie julle of julle voorvaders geken het nie,+ en daar sal julle dag en nag ander gode moet dien,+ want ek sal geen genade vir julle hê nie.”’ 14  “‘Maar die dae kom,’ sê Jehovah, ‘wanneer hulle nie meer sal sê: “So waar as wat Jehovah lewe, wat die Israeliete uit Egipte uitgelei het!” nie,+ 15  maar eerder: “So waar as wat Jehovah lewe, wat die Israeliete uitgelei het uit die land van die noorde en uit al die lande waarheen hy hulle verstrooi het!” en ek sal hulle terugbring na hulle land, wat ek aan hulle voorvaders gegee het.’+ 16  ‘Kyk, ek laat baie vissermanne kom,’ sê Jehovah,‘en hulle sal hulle vang. Daarna sal ek baie jagters laat kom,en hulle sal hulle jag op elke berg en elke heuwelen uit die klowe van die kranse. 17  Want my oë sien alles wat hulle doen.* Hulle is nie vir my weggesteek nie,en hulle oortreding is ook nie vir my oë weggesteek nie. 18  Eers sal ek hulle ten volle terugbetaal vir hulle oortreding en hulle sonde,+want hulle het my land ontheilig met die lewelose beelde* van hulle walglike afgodeen het my erfdeel met hulle afskuwelike dinge gevul.’”+ 19  O Jehovah, my krag en my vesting,die plek waarheen ek kan vlug in die dag van angs,+die nasies sal van die eindes van die aarde af na u toe kom,en hulle sal sê: “Ons voorvaders het absolute leuens geërf,nutteloosheid en waardelose dinge wat geen voordeel inhou nie.”+ 20  Kan ’n mens vir hom gode maakwanneer hulle nie werklik gode is nie?+ 21  “Daarom sal ek seker maak dat hulle weet,hierdie keer sal ek hulle laat weet hoe sterk en magtig ek is,en hulle sal moet weet dat my naam Jehovah is.”

Voetnote

Heidense rougebruike wat blykbaar in afvallige Israel beoefen is.
Lett. “is op al hulle weë”.
Lett. “die lyke”.