Jeremia 22:1-30

  • Oordeelsboodskappe teen slegte konings (1-30)

22  Dít is wat Jehovah sê: “Gaan na die paleis* van die koning van Juda, en dra hierdie boodskap oor.  Jy moet sê: ‘Hoor die woord van Jehovah, o koning van Juda wat op die troon van Dawid sit, u en u knegte en u volk, dié wat deur hierdie poorte inkom.  Dít is wat Jehovah sê: “Sorg dat daar geregtigheid en regverdigheid is. Red die een wat beroof word uit die hand van die bedrieër. Moenie enige uitlander sleg behandel nie, en moet niks slegs aan enige weeskind* of weduwee doen nie.+ En moenie enige onskuldige mense in hierdie plek doodmaak nie.*+  Want as julle sorg dat julle hierdie woord gehoorsaam, sal die konings wat op die troon van Dawid sit,+ deur die poorte van hierdie huis inkom en in strydwaens en op perde ry, hulle saam met hulle knegte en hulle volk.”’+  “‘Maar as julle nie hierdie woorde gehoorsaam nie, dan sweer ek by myself,’ sê Jehovah, ‘dat hierdie huis ’n verwoeste plek sal word.’+  “Want dít is wat Jehovah oor die huis van die koning van Juda sê: ‘Jy is vir my soos Giʹlead,soos die spits van die Liʹbanon-berge. Maar ek sal jou ’n wildernis maak. Nie een van jou stede sal bewoon word nie.+   En ek sal vernietigers teen jou aanstel,*elkeen met sy wapens.+ Hulle sal jou beste sederbome afkapen hulle in die vuur laat val.+  “‘En baie nasies sal by hierdie stad verbygaan en vir mekaar vra: “Hoekom het Jehovah dit aan hierdie groot stad gedoen?”+  Hulle sal antwoord: “Omdat hulle die verbond van Jehovah hulle God verlaat het en voor ander gode neergebuig het en hulle gedien het.”’+ 10  Moenie huil oor die een wat dood is nie,en moenie oor hom treur nie. Huil eerder bitterlik oor die een wat weggaan,want hy sal nie weer terugkeer om die land van sy geboorte te sien nie. 11  “Want dít is wat Jehovah sê oor Sallum,*+ die seun van Josiʹa, die koning van Juda wat in die plek van sy pa, Josiʹa,+ regeer en wat uit hierdie plek uitgegaan het: ‘Hy sal nie weer hierheen terugkeer nie. 12  Want hy sal sterf in die plek waarheen hulle hom in ballingskap weggeneem het, en hy sal hierdie land nie meer sien nie.’+ 13  Dit sal sleg gaan met die een wat sy huis bou met onregverdigheid,en sy bo-kamers met oneerlikheid,wat sy medemens verniet vir hom laat werken weier om sy loon te betaal.+ 14  Die een wat sê: ‘Ek gaan vir my ’n groot huis boumet groot bo-kamers. Ek sal vensters daarin sit,en panele van sederhout, en ek sal dit rooi* verf.’ 15  Sal jy bly regeer omdat jy meer sederhout as ander gebruik? Jou pa het ook geëet en gedrink,maar hy het geregtigheid en regverdigheid uitgeoefen,+en dit het goed gegaan met hom. 16  Hy het die wettige eis van die hulpelose en die arme verdedig,en daarom het dit goed gegaan. ‘Is dít nie wat dit beteken om my te ken nie?’ sê Jehovah. 17  ‘Maar jou oë en jou hart is net daarop gerig om oneerlike wins te maak,om onskuldige mense dood te maak*en om te bedrieg en af te pers.’ 18  “Daarom sê Jehovah oor Jojaʹkim,+ die seun van Josiʹa, die koning van Juda: ‘Hulle sal nie oor hom treur en sê: “Ag, my broer! Ag, my suster!” nie. Hulle sal nie oor hom treur en sê: “Ag, o heer! Ag, sy majesteit!” nie. 19  Met die begrafnis van ’n donkie sal hy begrawe word,+rondgesleep en weggegooibuite die poorte van Jerusalem.’+ 20  Klim op die Liʹbanon-berge en skree,laat jou stem in Basan gehoor word,en skree van Abaʹrim+ af,want almal wat jou intens liefgehad het, is verpletter.+ 21  Ek het met jou gepraat toe jy veilig gevoel het. Maar jy het gesê: ‘Ek sal nie gehoorsaam wees nie.’+ Dit was jou weg van jou jong dae af,want jy het nie my stem gehoorsaam nie.+ 22  ’n Wind sal die herder van al jou herders wees,+en dié wat jou intens liefhet, sal gevange geneem word. Dan sal jy skaam kry en verneder word weens al jou rampspoed. 23  O jy wat op die Liʹbanon-berge+ woon,veilig tussen die sederbome,+hoe sal jy tog kreun wanneer skerp pyne oor jou kom,pyn* soos dié van ’n vrou wat geboorte gee!”+ 24  “‘So waar as wat ek lewe,’ sê Jehovah, ‘al was Gonja,*+ die seun van Jojaʹkim,+ die koning van Juda, die seëlring aan my regterhand, sou ek jou daarvan afruk! 25  Ek sal jou in die hand gee van dié wat jou wil doodmaak, in die hand van dié vir wie jy bang is, in die hand van koning Nebukadneʹsar* van Babilon en in die hand van die Galdeërs.+ 26  En ek sal jou en jou ma, wat aan jou geboorte gegee het, uitdryf na ’n ander land wat nie julle geboorteland is nie, en daar sal julle sterf. 27  Hulle sal nooit weer terugkeer na die land waarna hulle smag* nie.+ 28  Is hierdie man, Gonja, net ’n verwerpte, gebreekte pot,’n houer wat niemand wil hê nie? Hoekom is hy en sy nakomelinge neergegooien uitgedryf na ’n land wat hulle nie ken nie?’+ 29  O aarde,* aarde, aarde, hoor die woord van Jehovah. 30  Dít is wat Jehovah sê: ‘Skryf neer dat hierdie man kinderloos is,’n man wat geen sukses in sy leeftyd* sal behaal nie,want nie een van sy nakomelinge sal daarin slaagom op die troon van Dawid te sit en weer in Juda te regeer nie.’”+

Voetnote

Lett. “huis”.
Lett. “vaderlose seun”.
Of “onskuldige bloed . . . vergiet nie”.
Lett. “heilig”.
Ook Joahas genoem.
Lett. “met vermiljoen”.
Of “onskuldige bloed te vergiet”.
Lett. “geboortepyne”.
Ook Jojagin en Jegonja genoem.
Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.
Of “waarna hulle siel verlang”.
Of “land”.
Lett. “dae”.