Jeremia 33:1-26

  • Belofte van herstel (1-13)

  • Veiligheid onder “regverdige spruit” (14-16)

  • Verbond met Dawid en priesters (17-26)

    • Verbond met dag en nag (20)

33  Terwyl Jeremia nog in die Voorhof van die Wagte opgesluit was,+ het hy vir ’n tweede keer ’n boodskap van Jehovah ontvang:  “Dít is wat Jehovah sê, die Maker van die aarde, Jehovah, wat dit gevorm en stewig gevestig het. Jehovah is sy naam:  ‘Roep na my, en ek sal jou antwoord en jou met graagte van groot en onbegryplike dinge vertel wat jy nie geweet het nie.’”+  “Want dít is wat Jehovah, die God van Israel, sê oor die huise van hierdie stad en die huise van die konings van Juda wat afgebreek is om as ’n verdediging te dien teen die toerusting* wat gebruik word om die stad te beleër en teen die swaard.+  En dit is wat hy sê oor dié wat kom om teen die Galdeërs te veg en wat hierdie plekke vul met die lyke van dié wat ek in my groot woede doodgemaak het, dié wie se goddeloosheid veroorsaak het dat ek my gesig weggedraai het van hierdie stad af:  ‘Ek bring ’n genesing en gesondheid vir haar,+ en ek sal hulle gesond maak en ’n oorvloed van vrede en waarheid vir hulle gee.+  Ek sal die gevangenes van Juda en die gevangenes van Israel terugbring,+ en ek sal hulle opbou net soos ek aan die begin gedoen het.+  Ek sal hulle reinig van al die skuld van hulle sondes teen my,+ en ek sal al die skuld van hulle sondes en hulle oortredings teen my vergewe.+  Die stad sal my roem, my vreugde, my lof en my heerlikheid word voor al die nasies van die aarde wat sal hoor van al die goeie dinge wat ek vir hulle gedoen het.+ En hulle sal baie bang wees en sal bewe+ as gevolg van al die goeie dinge en die vrede wat ek vir haar sal gee.’”+ 10  “Dít is wat Jehovah sê: ‘In hierdie plek wat julle sal sê ’n wildernis sonder mens of vee is, dit wil sê in die stede van Juda en in die strate van Jerusalem wat verlate en sonder mens of inwoner of vee is, sal die volgende weer gehoor word: 11  die uitroepe van vreugde en die geluid van blydskap,+ die stem van die bruidegom en die stem van die bruid, die stem van dié wat sê: “Dank Jehovah van die leërmagte, want Jehovah is goed.+ Sy lojale liefde duur vir ewig!”’+ “‘Hulle sal dankoffers na die huis van Jehovah bring,+ want ek sal die gevangenes van die land terugbring, soos aan die begin,’ sê Jehovah.” 12  “Dít is wat Jehovah van die leërmagte sê: ‘In hierdie wildernis sonder mens of vee en in al sy stede sal daar weer weivelde vir die herders wees waar hulle hulle kuddes kan laat rus.’+ 13  “‘In die stede van die bergstreek, in die stede van die laagland, in die stede van die suide, in die land van Benjamin, in die gebiede om Jerusalem+ en in die stede van Juda+ sal kuddes weer deurgaan onder die hande van die een wat hulle tel,’ sê Jehovah.” 14  “‘Kyk! Die dae kom,’ sê Jehovah, ‘wanneer ek die goeie belofte sal nakom wat ek gemaak het in verband met die huis van Israel en die huis van Juda.+ 15  In daardie dae en in daardie tyd sal ek vir Dawid ’n regverdige spruit*+ laat uitspruit, en hy sal sorg dat daar geregtigheid en regverdigheid in die land is.+ 16  In daardie dae sal Juda gered word+ en sal Jerusalem in veiligheid woon.+ En dít is wat sy genoem sal word: Jehovah Is Ons Regverdigheid.’”+ 17  “Want dít is wat Jehovah sê: ‘Daar sal altyd ’n man van Dawid se geslagslyn wees wat op die troon van die huis van Israel sit,+ 18  en die Levitiese priesters sal altyd ’n man hê wat voor my staan om heelbrandoffers te offer, graanoffers te verbrand en offerandes te bring.’” 19  Jehovah het weer met Jeremia gepraat en gesê: 20  “Dít is wat Jehovah sê: ‘As julle my verbond van die dag en my verbond van die nag kon verbreek om te keer dat dag en nag op die regte tyd kom,+ 21  slegs dan sou my verbond met my kneg Dawid verbreek kon word,+ sodat hy nie ’n seun sou hê wat as koning op sy troon regeer nie.+ Dieselfde geld vir my verbond met die Levitiese priesters, my dienaars.+ 22  Net soos die leërmag van die hemel nie getel kan word nie en die sand van die see nie gemeet kan word nie, so sal ek die nageslag* vermeerder van my kneg Dawid en die Leviete wat voor my dien.’” 23  Jehovah het weer met Jeremia gepraat en gesê: 24  “Het jy nie gehoor wat hierdie volk sê nie? Hulle sê: ‘Jehovah sal die twee families wat hy uitgekies het, verwerp.’ En hulle behandel my volk sonder respek, en hulle beskou hulle nie meer as ’n nasie nie. 25  “Dít is wat Jehovah sê: ‘Net soos ek my verbond van die dag en die nag,+ die wette* van hemel en aarde,+ gemaak het, 26  so sal ek ook nooit die nageslag* van Jakob en van my kneg Dawid verwerp nie. Ek sal altyd heersers van sy nageslag* neem om oor die nakomelinge* van Abraham, Isak en Jakob te regeer. Want ek sal hulle gevangenes terugbring+ en vir hulle jammer voel.’”+

Voetnote

Lett. “skanse”.
Of “erfgenaam”.
Lett. “saad”.
Of “wetsbepalings”.
Lett. “saad”.
Lett. “saad”.
Lett. “saad”.