Jeremia 34:1-22

  • Oordeelsboodskap aan Sedekia (1-7)

  • Verbond om slawe te bevry, verbreek (8-22)

34  Jeremia het die volgende boodskap van Jehovah ontvang toe koning Nebukadneʹsar* van Babilon en sy hele leërmag en al die koninkryke van die aarde oor wie hy regeer het en al die volke teen Jerusalem en al haar stede geveg het:+  “Dít is wat Jehovah, die God van Israel, sê: ‘Gaan praat met koning Sedekiʹa+ van Juda en sê vir hom: “Dít is wat Jehovah sê: ‘Ek gee hierdie stad in die hand van die koning van Babilon, en hy sal dit met vuur verbrand.+  En jy sal nie uit sy hand ontsnap nie, want jy sal beslis gevang word en aan hom oorgelewer word.+ En jy sal die koning van Babilon in die oë kyk, en hy sal direk met jou praat, en jy sal na Babilon gaan.’+  Maar hoor die woord van Jehovah, o koning Sedekiʹa van Juda: ‘Dít is wat Jehovah oor jou sê: “Jy sal nie deur die swaard sterf nie.  Jy sal in vrede sterf,+ en hulle sal vir jou ’n seremonie hou waartydens hulle wierook sal brand, net soos hulle gedoen het vir jou vaders, die vorige konings wat voor jou was, en hulle sal oor jou treur en sê: ‘Ag, o heer!’ Want ‘ek het die woord gespreek,’ sê Jehovah.”’”’”  Die profeet Jeremia het toe al hierdie woorde vir koning Sedekiʹa van Juda in Jerusalem gesê  toe die leërmagte van die koning van Babilon teen Jerusalem, teen al die stede van Juda wat oorgebly het,+ teen Lagis+ en teen Aseʹka+ geveg het, want hulle was die enigste versterkte stede wat oorgebly het van die stede van Juda.  Jeremia het ’n boodskap van Jehovah ontvang nadat koning Sedekiʹa ’n verbond met die hele volk in Jerusalem gemaak het om vryheid aan hulle te verkondig.+  Elkeen moes sy Hebreeuse slawe en slavinne bevry, sodat niemand ’n mede-Jood as sy slaaf sou aanhou nie. 10  En al die leiers en die hele volk was gehoorsaam. Elkeen van hulle het ’n verbond gemaak om sy slaaf en slavin vry te laat en hulle nie langer as slawe aan te hou nie. Hulle was gehoorsaam en het hulle vrygelaat. 11  Maar later het hulle die slawe en slavinne wat hulle vrygelaat het, teruggebring en hulle gedwing om weer slawe te word. 12  Toe het Jeremia ’n boodskap van Jehovah ontvang, en Jehovah het gesê: 13  “Dít is wat Jehovah, die God van Israel, sê: ‘Ek het ’n verbond met julle voorvaders gemaak+ op die dag toe ek hulle uit Egipte, uit die huis van slawerny, gebring het,+ en ek het gesê: 14  “Aan die einde van sewe jaar moet elkeen van julle die Hebreeuse broer wat aan jou verkoop is en jou ses jaar lank gedien het, vrylaat, en jy moet hom bevry.”+ Maar julle voorvaders het nie geluister of aandag geskenk aan my nie. 15  En onlangs* het julle omgedraai en gedoen wat reg is in my oë deur vryheid aan julle medemens te verkondig, en julle het ’n verbond voor my gemaak in die huis wat my naam dra. 16  Maar toe het julle omgedraai en my naam ontheilig+ deur julle slawe en slavinne terug te bring wat julle vrygelaat het volgens hulle wens, en julle het hulle gedwing om weer slawe te word.’ 17  “Daarom sê Jehovah: ‘Julle het my nie gehoorsaam deur elkeen aan sy broer en aan sy medemens vryheid te verkondig nie.+ Daarom sal ek nou aan julle vryheid verkondig,’ sê Jehovah, ‘vryheid om deur die swaard, deur vreeslike siektes en deur die hongersnood te sterf,+ en ek sal julle iets skokkends maak vir al die koninkryke van die aarde.+ 18  En dít is wat sal gebeur met die manne wat my verbond verbreek het deur nie die woorde uit te voer van die verbond wat hulle voor my gemaak het toe hulle die kalf in twee gesny het en tussen die helftes deurgegaan het nie,+ 19  naamlik die leiers van Juda, die leiers van Jerusalem, die hofbeamptes, die priesters en die hele volk van die land wat tussen die helftes van die kalf deurgegaan het: 20  Ek sal hulle in die hand gee van hulle vyande en van dié wat hulle lewe wil neem, en hulle lyke sal kos word vir die voëls van die hemel en vir die diere van die aarde.+ 21  En ek sal koning Sedekiʹa van Juda en sy hoë amptenare gee in die hand van hulle vyande en in die hand van dié wat hulle wil doodmaak en in die hand van die leërmagte van die koning van Babilon,+ wat van julle af wegtrek.’+ 22  “‘Ek sal die bevel gee,’ sê Jehovah, ‘en ek sal hulle na hierdie stad terugbring, en hulle sal daarteen veg en dit inneem en dit met vuur verbrand.+ Ek sal die stede van Juda ’n verwoeste plek maak, sonder ’n enkele inwoner.’”+

Voetnote

Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.
Lett. “vandag”.