Jeremia 41:1-18

  • Gedalja deur Ismael vermoor (1-10)

  • Ismael vlug vir Johanan (11-18)

41  In die sewende maand het Isʹmael,+ die seun van Netanʹja, die seun van Elisaʹma, wat van die koninklike geslagslyn* was en een van die belangrikste manne van die koning was, saam met tien manne na Gedalʹja, die seun van Ahiʹkam, in Mispa gegaan.+ Terwyl hulle in Mispa saam geëet het,  het Isʹmael, die seun van Netanʹja, en die tien manne wat by hom was, opgestaan en Gedalʹja, die seun van Ahiʹkam, die seun van Safan, met die swaard doodgemaak. Hy het dus die een doodgemaak wat die koning van Babilon oor die land aangestel het.  Isʹmael het ook al die Jode wat by Gedalʹja in Mispa was, sowel as die Galdese soldate wat daar was, doodgemaak.  Op die tweede dag nadat Gedalʹja doodgemaak is, nog voordat enigiemand daarvan geweet het,  het daar 80 manne uit Sigem,+ uit Silo+ en uit Samariʹa+ gekom. Hulle baarde was afgeskeer, hulle klere was stukkend geskeur, hulle het hulle stukkend gesny,+ en hulle het graanoffers en wierook+ in hulle hande gehad om na die huis van Jehovah te bring.  Toe het Isʹmael, die seun van Netanʹja, uit Mispa gegaan om hulle te ontmoet, en hy het gehuil terwyl hy geloop het. Toe hy by hulle kom, het hy vir hulle gesê: “Kom na Gedalʹja, die seun van Ahiʹkam.”  Maar toe hulle in die stad kom, het Isʹmael, die seun van Netanʹja, en sy manne hulle doodgemaak en hulle in die reënput gegooi.  Maar daar was tien manne onder hulle wat vir Isʹmael gesê het: “Moet ons nie doodmaak nie, want ons het baie koring, gars, olie en heuning wat in die veld weggesteek is.” Toe het hy hulle nie saam met hulle broers doodgemaak nie.  En Isʹmael het al die lyke van die manne wat hy doodgemaak het, in ’n groot reënput gegooi, die een wat koning Asa gemaak het toe koning Baäsa van Israel hom gedreig het.+ Dít was die reënput wat Isʹmael, die seun van Netanʹja, gevul het met die manne wat doodgemaak is. 10  Isʹmael het toe die res van die mense in Mispa+ gevange geneem, insluitende die dogters van die koning en al die mense wat in Mispa oorgebly het, wat Nebusaraʹdan, die hoof van die wagte, aan Gedalʹja,+ die seun van Ahiʹkam, toevertrou het. Isʹmael, die seun van Netanʹja, het hulle gevange geneem en vertrek om na die Ammoniete+ oor te gaan. 11  Toe Johaʹnan,+ die seun van Kareʹag, en al die hoofde van die leërmag wat by hom was, gehoor het van al die goddelose dinge wat Isʹmael, die seun van Netanʹja, gedoen het, 12  het hulle al die manne geneem en gegaan om teen Isʹmael, die seun van Netanʹja, te veg, en hulle het hom by die groot waters* in Giʹbeon gevind. 13  Al die mense wat by Isʹmael was, het baie bly geword toe hulle Johaʹnan, die seun van Kareʹag, en al die hoofde van die leërmag by hom sien. 14  Toe het al die mense wat Isʹmael in Mispa+ gevange geneem het, omgedraai en saam met Johaʹnan, die seun van Kareʹag, teruggegaan. 15  Maar Isʹmael, die seun van Netanʹja, en agt van sy manne het van Johaʹnan weggekom en na die Ammoniete gegaan. 16  Johaʹnan, die seun van Kareʹag, en al die hoofde van die leërmag wat by hom was, het toe die res van die mense van Mispa saam met hulle geneem, dié wat hulle van Isʹmael, die seun van Netanʹja, gered het nadat hy Gedalʹja,+ die seun van Ahiʹkam, doodgemaak het. Hulle het die manne, die soldate, die vrouens, die kinders en die hofbeamptes uit Giʹbeon teruggebring. 17  Toe het hulle in die verblyfplek van Kimham, langs Betlehem,+ gaan bly omdat hulle Egipte toe wou gaan+ 18  as gevolg van die Galdeërs. Want hulle het vir hulle bang geword omdat Isʹmael, die seun van Netanʹja, vir Gedalʹja, die seun van Ahiʹkam, wat die koning van Babilon oor die land aangestel het, doodgemaak het.+

Voetnote

Lett. “die saad van die koninkryk”.
Of moontlik “groot poel”.