Jeremia 45:1-5

  • Jehovah se boodskap aan Barug (1-5)

45  Die profeet Jeremia het die volgende boodskap vir Barug,+ die seun van Neriʹa, gegee toe hy hierdie woorde in ’n boek geskryf het wat Jeremia+ gedikteer het in die vierde jaar van Jojaʹkim,+ die seun van Josiʹa, die koning van Juda:  “Dít is wat Jehovah, die God van Israel, oor jou sê, Barug:  ‘Jy het gesê: “Dit gaan sleg met my, want Jehovah het hartseer by my pyn gevoeg! Ek is moeg as gevolg van my gekreun, en ek het geen rusplek gevind nie.”’  “Jy moet vir hom sê: ‘Dít is wat Jehovah sê: “Wat ek opgebou het, breek ek af, en wat ek geplant het, ruk ek uit – die hele land.+  Maar jy soek* groot dinge vir jouself. Hou op om hierdie dinge te soek.”’ “‘Want ek gaan binnekort rampspoed oor alle mense* bring,’+ sê Jehovah, ‘en waar jy ook al gaan, sal ek jou lewe spaar.’”+

Voetnote

Of “verwag”.
Lett. “vlees”.