Jeremia 47:1-7

  • Profesie teen Filistyne (1-7)

47  Die profeet Jeremia het die volgende boodskap van Jehovah oor die Filistyne+ ontvang voordat Gasa deur Farao verslaan is.  Dít is wat Jehovah sê: “Water kom uit die noorde. Dit sal ’n stroom vloedwaters word. En dit sal die land en alles daarin oorstroom,die stad en dié wat daarin woon. Die mense sal skree,en almal wat in die land woon, sal huil.   Wanneer die pa’s die gestamp van sy hingste se hoewe hoor,en die geratel van sy strydwaens,en die gedreun van sy wiele,sal hulle nie eers vir hulle kinders omdraai nie,want hulle hande sal swak word   omdat die dag wat kom, al die Filistyne sal vernietig.+ Dit sal elke oorblywende bondgenoot in Tirus+ en Sidon+ vernietig. Want Jehovah sal die Filistyne vernietig,wat die oorblywendes van die eiland Kaftor*+ is.   Gasa sal bles word.* Asʹkelon is stilgemaak.+ O oorblyfsel van hulle valleivlakte,hoe lank sal jy jou bly stukkend sny?+   A! Die swaard van Jehovah!+ Wanneer gaan jy ophou? Gaan terug in jou skede. Kom tot rus en wees stil.   Hoe kan dit ophouwanneer Jehovah dit ’n bevel gegee het? Teen Asʹkelon en die seekus+het hy dit aangestel.”

Voetnote

D.w.s. Kreta.
D.w.s., hulle sal hulle koppe skeer omdat hulle treur en skaam kry.