Jeremia 48:1-47

  • Profesie teen Moab (1-47)

48  Dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, vir Moab+ sê: “Dit is verby met Nebo,+ want sy is vernietig! Kirjataʹim+ is verneder en is ingeneem. Die veilige skuilplek* is verneder en verwoes.+   Hulle prys Moab nie meer nie. In Hesbon+ het hulle haar ondergang beplan: ‘Kom, laat ons ’n einde maak aan haar as ’n nasie.’ O Madmen, jy moet ook stilbly,want die swaard agtervolg jou.   Daar is die geluid van ’n geskree uit Horonaʹim,+van vernietiging en ’n groot ineenstorting.   Moab is afgebreek. Haar kindertjies skree.   Mense huil onophoudelik terwyl hulle na Luhit opklim. En op die pad af na Horonaʹim hoor hulle uitroepe van angs as gevolg van die ramp.+   Vlug vir julle lewe! Julle moet soos ’n jenewerboom in die wildernis word.   Omdat jy op jou werke en op jou skatte vertrou,sal jy ook ingeneem word. En Kamos+ sal in ballingskap gaan,saam met sy priesters en sy amptenare.   Die vernietiger sal in elke stad inkom,en geen stad sal gespaar word nie.+ Die vallei sal verwoes word,en die vlakte* sal vernietig word, net soos Jehovah gesê het.   Rig vir Moab ’n merker op,want sy sal vlug terwyl sy verwoes word,en haar stede sal iets skokkends word,sonder ’n enkele inwoner.+ 10  Vervloek is die een wat traag is om die opdrag van Jehovah uit te voer! Vervloek is die een wat nie met sy swaard doodmaak nie! 11  Die Moabiete was van jongs af rustig,soos wyn wat op die afsaksels rus. Hulle is nie van een houer in ’n ander oorgegooi nie,en hulle het nooit in ballingskap gegaan nie. Daarom het hulle smaak dieselfde geblyen het hulle geur nie verander nie. 12  “‘Daarom kom die dae,’ sê Jehovah, ‘wanneer ek manne sal stuur om hulle om te keer. Hulle sal hulle omkeer en hulle houers leegmaak, en hulle sal hulle groot kruike stukkend slaan. 13  En die Moabiete sal hulle skaam vir Kamos, net soos die huis van Israel hulle skaam vir Bet-El, waarop hulle vertrou het.+ 14  Hoe durf julle sê: “Ons is magtige vegters wat reg is vir die oorlog”?’+ 15  ‘Moab is vernietig,haar stede is binnegeval,+en hulle beste jong manne is doodgemaak,’+sê die Koning, wie se naam Jehovah van die leërmagte is.+ 16  Die rampspoed oor die Moabiete kom binnekort,en hulle ondergang kom vinnig nader.+ 17  Almal om hulle sal met hulle moet simpatiseer,almal wat hulle naam ken. Sê vir hulle: ‘Kyk hoe is die magtige stok, die pragtige staf, gebreek!’ 18  Klim af van jou posisie van heerlikheiden gaan sit terwyl jy dors is,* o dogter wat in Dibon woon,+want die vernietiger van Moab het teen jou opgekom,en hy sal jou versterkte plekke verwoes.+ 19  Gaan staan langs die pad en kyk, inwoner van Aʹroër.+ Vra vir die man wat vlug en vir die vrou wat wegkom: ‘Wat het gebeur?’ 20  Moab is verneder en is baie bang. Huil en skree. Verkondig in Arnon+ dat Moab vernietig is. 21  “Oordeel het gekom oor die vlakte,*+ oor Holon, Jahas+ en Mefaʹät,+ 22  oor Dibon,+ Nebo+ en Bet-Diblataʹim, 23  oor Kirjataʹim,+ Bet-Gamul en Bet-Meon,+ 24  oor Keʹrijot+ en Bosra, en oor al die stede van die land Moab, dié wat ver en dié wat naby is. 25  ‘Die krag* van Moab is afgekap,en sy arm is gebreek,’ sê Jehovah. 26  ‘Maak hom dronk,+ want hy het hom groot gehou teen Jehovah.+ Moab rol rond in sy uitbraaksel,en hy is ’n bespotting. 27  Was Israel nie vir jou ’n bespotting nie?+ Is hy onder diewe gevind,sodat jy jou kop moet skud en teen hom moet praat? 28  Verlaat die stede en woon op die krans, inwoners van Moab,en word soos ’n duif wat sy nes teen die kante van die kloof maak.’” 29  “Ons het gehoor van Moab se trots – hy is baie hoogmoedig –van sy hooghartigheid, sy trots, sy hoogmoed en die verwaandheid van sy hart.”+ 30  “‘Ek ken sy woede,’ sê Jehovah,‘maar sy leë praatjies sal op niks uitloop nie. Dit sal alles verniet wees. 31  Daarom sal ek oor Moab treur. Ek sal as gevolg van die hele Moab skree,en ek sal vir die manne van Kir-Heres+ huil. 32  Ek sal meer vir jou huilas wat daar vir Jaser+ gehuil is, o wingerdstok van Sibma.+ Jou florerende jong takkies het oor die see gegaan. Tot by die see, tot by Jaser, het hulle gestrek. Op jou somervrugte en jou druiwe-oeshet die vernietiger toegesak.+ 33  Blydskap en vreugde is uit die vrugteboord verwyder,asook uit die land Moab.+ Ek het die wyn laat ophou vloei uit die wynpers. Niemand sal met uitroepe van vreugde trap nie. Dit sal ’n ander soort uitroep wees.’”+ 34  “‘Daar is ’n geskree van Hesbon+ tot by Eleaʹle.+ Hulle stem word gehoor tot by Jahas,+van Soar tot by Horonaʹim,+ tot by Egʹlat-Selisiʹa. Selfs die water van Nimrim sal leegloop.+ 35  Ek sal in Moab ’n einde maak,’ sê Jehovah,‘aan die een wat ’n offer op die offerhoogte bringen die een wat vir sy god offerandes bring. 36  Daarom sal my hart treur* oor Moab, soos ’n fluit,*+en my hart sal treur* oor die manne van Kir-Heres, soos ’n fluit.* Want die rykdom wat hy voortgebring het, sal verdwyn. 37  Want elke kop is kaal geskeer,+en elke baard is afgeskeer. Daar is snye op al die hande,+en daar is saklinne om hulle heupe!’”+ 38  “‘Op al die dakke van Moaben op al haar openbare pleineis daar niks behalwe ’n gehuil nie. Want ek het Moab gebreeksoos ’n houer wat weggegooi is,’ sê Jehovah. 39  ‘Kyk hoe bang is sy! Huil! Hoe het Moab tog sy rug in skaamte gedraai! Moab het ’n bespotting geword,iets skrikwekkends vir almal om hom.’” 40  “Want dít is wat Jehovah sê: ‘Net soos ’n arend wat afduik,+sal hy sy vlerke oor Moab uitsprei.+ 41  Die stede sal ingeneem word,en haar vestings sal verower word. Op daardie dag sal die hart van Moab se vegterssoos die hart van ’n vrou wees wat geboorte gee.’” 42  “‘En Moab sal vernietig word en sal nie meer ’n volk wees nie,+want dit is teen Jehovah dat hy hom groot gehou het.+ 43  Verskrikking en die vanggat en die strik is voor jou,o inwoner van Moab,’ sê Jehovah. 44  ‘Elkeen wat vir die verskrikking vlug, sal in die vanggat val,en elkeen wat uit die vanggat klim, sal in die strik gevang word.’ ‘Want ek sal oor Moab die jaar van hulle straf bring,’ sê Jehovah. 45  ‘In die skaduwee van Hesbon staan die vlugtelinge kragteloos. Want ’n vuur sal uit Hesbon kom,en ’n vlam vanuit Sihon.+ Dit sal die voorkop van Moab verteer,en die skedel van die gewelddadige vegters.’+ 46  ‘Dit is verby met jou, o Moab! Die volk van Kamos+ is vernietig. Want jou seuns is gevange geneem,en jou dogters het in ballingskap gegaan.+ 47  Maar ek sal die gevangenes van Moab aan die einde van die dae versamel,’ sê Jehovah. ‘Hier eindig die oordeel oor Moab.’”+

Voetnote

Of “veilige hoogte”.
Of “hoogvlakte”.
Of moontlik “op die droë grond”.
Of “hoogvlakte”.
Lett. “horing”.
Of “onstuimig wees”.
D.w.s. ’n fluit waarmee ’n treurlied by ’n begrafnis gespeel word.
Of “onstuimig wees”.
D.w.s. ’n fluit waarmee ’n treurlied by ’n begrafnis gespeel word.