Jeremia 6:1-30

  • Beleëring van Jerusalem naby (1-9)

  • Jehovah se woede oor Jerusalem (10-21)

    • Sê “Vrede!” terwyl daar geen vrede is nie (14)

  • Wrede inval uit noorde (22-26)

  • Jeremia sal as metaaltoetser dien (27-30)

6  Soek skuiling, o kinders van Benjamin, weg van Jerusalem af. Blaas op die horing+ in Tekoʹa.+ Laat ’n vuursein oor Bet-Hakkeʹrem opgaan! Want rampspoed dreig vanuit die noorde, ’n groot ramp.+   Die dogter van Sion lyk soos ’n pragtige en delikate vrou.+   Die herders en hulle kuddes sal kom. Hulle sal hulle tente reg rondom haar opslaan,+elkeen sal die kudde wat in sy sorg is, laat wei.+   “Maak reg vir* oorlog teen haar! Staan op, en laat ons haar in die middel van die dag aanval!” “Hoe jammer, want die dag is al amper verby,want die aandskaduwees word al hoe langer!”   “Staan op, en laat ons in die nag aanvalen haar versterkte torings vernietig.”+   Want dít is wat Jehovah van die leërmagte sê: “Kap hout en rig ’n beleëringswal teen Jerusalem op.+ Hierdie stad moet gestraf word. Daar is niks anders as onderdrukking in haar nie.+   ’n Reënput hou water koel,*en net so hou sy haar goddeloosheid koel.* Geweld en vernietiging word in haar gehoor.+ Daar is heeltyd siekte en plaag voor my.   Slaan ag op die waarskuwing, o Jerusalem, of ek sal van jou af wegdraai omdat jy vir my walglik is.+ Ek sal jou verlate maak, ’n land sonder inwoners.”+   Dít is wat Jehovah van die leërmagte sê: “Hulle sal die oorblyfsel van Israel deeglik oes, soos die laaste druiwe op ’n wingerdstok. Laat jou hand weer daaroor gaan, soos iemand wat druiwe van die wingerdstok afpluk.” 10  “Met wie moet ek praat en vir wie moet ek waarsku? Wie sal luister? Hulle ore is toe,* en daarom kan hulle nie aandag skenk nie.+ Hulle het die woord van Jehovah verwerp,+en hulle vind geen vreugde daarin nie. 11  Daarom is ek vol van die woede van Jehovah,en ek is moeg om dit in te hou.”+ “Gooi dit uit op die kind in die straat,+op die groepe jong mans wat bymekaar is. Hulle sal almal gevang word, ’n man saam met sy vrou,die ou mans sowel as die bejaarde mans.*+ 12  Hulle huise sal aan ander gegee word,asook hulle landerye en hulle vrouens.+ Ek sal my hand uitsteek teen die inwoners van die land,” sê Jehovah. 13  “Want hulle almal maak oneerlike wins,+ van die kleinste tot die grootste. Hulle almal pleeg bedrog, van die profeet tot die priester.+ 14  Hulle probeer om die wonde* van my volk op ’n oppervlakkige manier te genees deur te sê: ‘Daar is vrede! Daar is vrede!’ terwyl daar geen vrede is nie.+ 15  Kry hulle skaam oor die afskuwelike dinge wat hulle gedoen het? Hulle kry glad nie skaam nie! Hulle weet nie eers hoe om verneder te voel nie!+ Daarom sal hulle val onder dié wat reeds geval het. Wanneer ek hulle straf, sal hulle struikel,” sê Jehovah. 16  Dít is wat Jehovah sê: “Staan by die kruispaaie en kyk. Vra oor die paaie van lank gelede,vra waar die goeie weg is, en volg dit,+en vind rus vir julleself.” Maar hulle sê: “Ons sal dit nie volg nie.”+ 17  “En ek het wagte aangestel+ wat gesê het: ‘Skenk aandag aan die geluid van die horing!’”+ Maar hulle het gesê: “Ons sal nie aandag skenk nie.”+ 18  “Hoor dus, o nasies! En weet, o vergadering,wat met hulle sal gebeur. 19  Luister, o aarde! Ek bring rampspoed oor hierdie volk,+en dit is die gevolg van hulle eie planne,want hulle het geen aandag aan my woorde geskenk nieen hulle het my wet* verwerp.” 20  “Wat maak dit vir my saak dat jy wierook uit Skeba bringen geurige riete uit ’n ver land? Julle heelbrandoffers is nie aanvaarbaar nie,en julle offerandes is nie vir my aangenaam nie.”+ 21  Daarom sê Jehovah: “Kyk, ek sit struikelblokke voor hierdie volk,en hulle sal daaroor struikel,pa’s saam met seuns,’n buurman en sy vriend,en hulle sal almal sterf.”+ 22  Dít is wat Jehovah sê: “Kyk! ’n Volk kom uit die land van die noorde,en ’n groot nasie sal opstaan uit die mees afgeleë dele van die aarde.+ 23  Hulle sal die boog en die spies gryp. Hulle is wreed en sal geen genade hê nie. Hulle stem sal klink soos die gedruis van die see,en hulle ry op perde.+ Hulle trek in gevegsformasie op teen jou soos ’n soldaat, o dogter van Sion.” 24  Ons het die berig daaroor gehoor. Ons hande word slap,+ons het paniekbevange geword,en ons het pyn* soos ’n vrou wat geboorte gee.+ 25  Moenie in die veld uitgaan nie,en moenie op die pad loop nie,want die vyand het ’n swaard. Oral is daar vrees. 26  O dogter van my volk,trek saklinne aan+ en rol in die as. Treur asof jy jou enigste kind verloor het, met ’n bittere gehuil,+want die vernietiger sal skielik teen ons kom.+ 27  “Ek het jou* ’n metaaltoetser onder my volk gemaak,iemand wat deeglik ondersoek instel. Jy moet oplet en hulle weg ondersoek. 28  Hulle is almal die hardkoppigste mense,+en hulle loop rond as lasteraars.+ Hulle is soos koper en yster. Hulle is almal korrup. 29  Die blaasbalk is geskroei. Uit die vuur daarvan kom lood. Daar word heeltyd intensief gelouter, maar dit is verniet.+ En dié wat sleg is, is nie afgeskei nie.+ 30  Mense sal hulle beslis weggooisilwer noem,want Jehovah het hulle verwerp.”+

Voetnote

Lett. “Heilig”.
Of “vars”.
Of “vars”.
Lett. “nie besny nie”.
Lett. “dié wat vol van dae is”.
Of “breuk”.
Of “onderrigting”.
Lett. “geboortepyne”.
D.w.s. Jeremia.