Jeremia 9:1-26

  • Jeremia is baie hartseer (1-3a)

  • Jehovah eis rekenskap van Juda (3b-16)

  • Treurlied oor Juda (17-22)

  • Spog dat hulle Jehovah ken (23-26)

9  Ag, ek wens my kop was ’n put vol water,en my oë ’n fontein van trane!+ Dan sou ek dag en nag huiloor dié van my volk wat doodgemaak is.   Ag, as ek maar net ’n blyplek vir reisigers in die wildernis kon vind! Dan sou ek my volk verlaat en van hulle af weggaan,want hulle is almal egbrekers,+’n klomp verraaiers.   Hulle span hulle tong soos ’n boog. Leuens heers in die land, nie getrouheid nie.+ “Hulle word slegter en slegter,en hulle skenk geen aandag aan my nie,”+ sê Jehovah.   “Pasop vir julle vriende,en moenie eers julle broer vertrou nie. Want elke broer is ’n verraaier,+en elke vriend is ’n lasteraar.+   Elkeen bedrieg sy vriend,en niemand praat die waarheid nie. Hulle het hulle tong geleer om leuens te praat.+ Hulle doen wat verkeerd is totdat hulle uitgeput is.   Jy lewe tussen leuens. Weens hulle bedrog het hulle geweier om my te ken,” sê Jehovah.   Daarom sê Jehovah van die leërmagte: “Ek sal hulle smelt en hulle toets,+want wat anders kan ek doen met die dogter van my volk?   Hulle tong is ’n dodelike pyl wat bedrieglik praat. Met hulle mond praat hulle van vrede met hulle vriende,maar in hulle hart beplan hulle hoe om skielik aan te val.”   “Moet ek hulle nie straf vir hierdie dinge nie?” sê Jehovah. “Moet ek nie wraak neem op so ’n nasie nie?+ 10  Ek sal huil en treur oor die bergeen ’n treurlied sing oor die weivelde van die wildernis,want hulle is verbrand, en niemand gaan daardeur nie,en die geluid van vee word nie gehoor nie. Die voëls van die hemel sowel as die diere het gevlug, en hulle is weg.+ 11  Ek sal Jerusalem kliphope maak,+ die lêplek van jakkalse,+en ek sal die stede van Juda verlate maak, sonder ’n enkele inwoner.+ 12  Wie is wys genoeg om dit te verstaan? Met wie het die mond van Jehovah gepraat, sodat hy dit kan vertel? Hoekom is die land verwoes? Hoekom is dit verskroei soos die wildernis en gaan niemand daardeur nie?” 13  Jehovah het geantwoord: “Omdat hulle my wet* verwerp het wat ek aan hulle gegee het, en omdat hulle dit nie gevolg het nie en my stem nie gehoorsaam het nie. 14  Hulle was eerder hardkoppig en het hulle eie hart gevolg,+ en hulle het die Baäl-beelde gevolg, net soos hulle vaders hulle geleer het om te doen.+ 15  Daarom sê Jehovah van die leërmagte, die God van Israel: ‘Ek laat hierdie volk als* eet, en ek sal hulle giftige water laat drink.+ 16  Ek sal hulle verstrooi onder die nasies wat hulle en hulle vaders nie geken het nie,+ en ek sal ’n swaard agter hulle aan stuur totdat ek hulle uitgeroei het.’+ 17  “Dít is wat Jehovah van die leërmagte sê: ‘Tree verstandig op. Roep die vrouens wat treurliedere sing,+en laat die vaardige vrouens geroep word, 18  sodat hulle gou kan maak en ’n treurlied vir ons kan begin sing,sodat die trane uit ons oë kan stroomen ons ooglede met water kan drup.+ 19  Want die geluid van ’n treurlied is uit Sion gehoor:+ “Hoe is ons tog verwoes! Hoe groot is ons skande tog! Want ons het die land verlaat, en hulle het ons huise afgebreek.”+ 20  Hoor die woord van Jehovah, o vroue. Mag julle ore die woord van sy mond ontvang. Leer julle dogters hierdie klaaglied,en leer mekaar hierdie treurlied.+ 21  Want die dood het deur ons vensters gekom. Dit het in ons versterkte torings ingekomom die kinders van die straat af weg te neem,en die jong manne van die openbare pleine af.’+ 22  Sê: ‘Dít is wat Jehovah sê: “Die lyke van mense sal val soos mis op die oppervlak van die veld,soos ’n ry pas gesnyde graan agter die een wat oes,en niemand sal hulle bymekaarmaak nie.”’”+ 23  Dít is wat Jehovah sê: “Laat die wyse nie spog oor sy wysheid nie,+laat die sterke nie spog oor sy krag nie,en laat die ryke nie spog oor sy rykdom nie.”+ 24  “Maar laat hy wat spog, hieroor spog: Dat hy insig en kennis het van my,+dat ek Jehovah is, die Een wat lojale liefde, geregtigheid en regverdigheid op die aarde openbaar,+want dit is hierdie dinge wat vir my vreugde bring,”+ sê Jehovah. 25  “Die dae kom,” sê Jehovah, “wanneer ek elkeen sal straf wat besny is en tog nie besny is nie,+ 26  van Egipte+ en Juda+ en Edom+ en die Ammoniete+ en Moab+ en almal wie se hare aan die kante van hulle kop geknip is en in die wildernis woon,+ want al die nasies is nie besny nie, en die hele huis van Israel is nie in hulle hart besny nie.”+

Voetnote

Of “onderrigting”.
’n Soort bitter plant.