Jesaja 12:1-6

  • Danklied (1-6)

    • “Jah Jehovah is my sterkte” (2)

12  In daardie dag sal jy beslis sê: “Ek dank u, Jehovah,want hoewel u vir my kwaad was,het u woede geleidelik bedaar, en u het my vertroos.+   God is my redding.+ Ek sal op hom vertrou en nie bang wees nie,+want Jah* Jehovah is my sterkte en my mag,en hy het my redding geword.”+   Met blydskap sal julle water skepuit die fonteine van redding.+   En in daardie dag sal julle sê: “Dank Jehovah, roep sy naam aan! Maak sy dade onder die volke bekend!+ Verkondig dat sy naam hoog verhewe is.+   Sing lofliedere* vir Jehovah,+ want hy het wonderlike dinge gedoen.+ Laat dit oor die hele aarde bekend gemaak word.   Juig en roep uit van vreugde, inwoner* van Sion,want die Heilige van Israel wat by jou is, is groot.”

Voetnote

“Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.
Of “Maak musiek”.
Lett. “inwoonster”. Daar word na die bevolking verwys as ’n vrou.