Jesaja 19:1-25
19 ’n Oordeelsboodskap teen Egipte:+
Jehovah ry op ’n vinnige wolk en kom na Egipte.
Die waardelose gode van Egipte sal voor hom bewe,+en Egipte sal verlam wees van vrees.
2 “Ek sal Egiptenare teen Egiptenare aanhits,en hulle sal teen mekaar baklei,elkeen teen sy broer en teen sy medemens,stad teen stad, koninkryk teen koninkryk.
3 En Egipte sal nie weet wat om te doen nie,en ek sal hulle planne verwar.+
Hulle sal hulp soek by die waardelose gode,by die towenaars en by mense wat geeste oproep* en by die fortuinvertellers.+
4 Ek sal Egipte aan ’n harde meester oorlewer,en ’n wrede koning sal oor hulle regeer,”+ sê die ware Heer, Jehovah van die leërmagte.
5 Die water van die see sal opdroog,en die rivier sal leeg word en droogloop.+
6 Die riviere sal stink,en die Nylkanale van Egipte sal vlak word en opdroog.
Die riete en die biesies sal verrot.+
7 Die plante langs die Nylrivier, by die mond van die Nyl,en elke landery langs die Nylrivier+ sal verdroog.+
Alles sal weggewaai word, en daar sal niks oorbly nie.
8 En die vissermanne sal treur,en dié wat vishoeke in die Nyl uitgooi, sal huil,en dié wat hulle nette oor die waters uitgooi, sal al hoe minder word.
9 Dié wat met uitgekamde vlas+ werken dié wat wit materiaal weef, sal verneder word.
10 Haar wewers sal verpletter wees.
Al die gehuurde werkers sal treur.
11 Die leiers van Soan+ is dwaas.
Die beste raadgewers van Farao gee slegte raad.+
Hoe kan julle vir Farao sê:
“Ek is ’n nakomeling van wyse mense,’n nakomeling van konings van lank gelede”?
12 Waar is jou wyse manne dan?+
Laat hulle jou vertel as hulle weet wat Jehovah van die leërmagte oor Egipte besluit het.
13 Die leiers van Soan het dwaas opgetree,die leiers van Nof*+ is bedrieg.
Egipte is op ’n dwaalspoor gebring deur die hoofde van haar stamme.
14 Jehovah het ’n gees van verwarring oor haar gebring.+
En hulle het Egipte op ’n dwaalspoor gebring in alles wat sy doen,soos ’n dronk mens wat rondgly in sy uitbraaksel.
15 En niemand in Egipte sal iets kan doen nie,nie die kop of die stert, die takkie* of die riet nie.
16 In daardie dag sal die Egiptenare soos vrouens word. Hulle sal bewe en paniekbevange wees weens die dreigende hand wat Jehovah van die leërmagte teen hulle oplig.+
17 En Egipte sal baie bang wees weens die land van Juda. As dit net genoem word, sal hulle baie bang wees as gevolg van wat Jehovah van die leërmagte teen hulle besluit het.+
18 In daardie dag sal daar vyf stede in Egipte wees wat die taal van Kanaän praat+ en wat sweer om lojaal te wees aan Jehovah van die leërmagte. Een van die stede sal die Stad van Verwoesting genoem word.
19 In daardie dag sal daar ’n altaar vir Jehovah in die middel van Egipte wees, en ’n pilaar vir Jehovah by sy grens.
20 Dit sal ’n teken en ’n getuie vir Jehovah van die leërmagte in Egipte wees, want hulle sal tot Jehovah roep weens die onderdrukkers, en hy sal vir hulle ’n redder stuur, ’n groot redder, wat hulle sal red.
21 En Jehovah sal aan die Egiptenare bekend word, en die Egiptenare sal Jehovah in daardie dag leer ken, en hulle sal offerandes en gawes bring en aan Jehovah ’n gelofte maak en dit betaal.
22 Jehovah sal Egipte tref+ – hy sal dit tref en genees. En hulle sal na Jehovah terugkeer, en hy sal na hulle smeekgebede luister en hulle genees.
23 In daardie dag sal daar ’n grootpad+ wees van Egipte na Assiʹrië. Dan sal Assiʹrië na Egipte kom, en Egipte na Assiʹrië, en Egipte sal God saam met Assiʹrië dien.
24 In daardie dag sal Israel die derde wees saam met Egipte en Assiʹrië,+ ’n seën op die aarde,
25 want Jehovah van die leërmagte sal dit seën en sê: “Mag my volk, Egipte, en die werk van my hande, Assiʹrië, en my erfdeel, Israel, geseënd wees.”+