Jesaja 6:1-13
6 In die jaar dat koning Ussiʹa gesterf het,+ het ek Jehovah op ’n hoë en verhewe troon sien sit,+ en die some van sy kleed het die tempel gevul.
2 Serafs het bokant hom gestaan. Elkeen het ses vlerke gehad. Elkeen het sy gesig met twee vlerke bedek, sy voete met twee vlerke bedek en twee vlerke gebruik om te vlieg.
3 En hulle het na mekaar toe uitgeroep:
“Heilig, heilig, heilig is Jehovah van die leërmagte.+
Die hele aarde is vol van sy heerlikheid.”
4 En die deure* het geskud weens die geroep, en die huis het vol rook geword.+
5 Toe het ek gesê: “Dit is verby met my!
Ek is so goed as dood,want ek is ’n man met onrein lippe,en ek woon onder ’n volk met onrein lippe.+
En nou het ek die Koning, Jehovah van die leërmagte, met my eie oë gesien!”
6 Toe het een van die serafs na my toe gevlieg, en in sy hand was ’n gloeiende kool+ wat hy met ’n tang van die altaar af geneem het.+
7 Hy het aan my mond geraak en gesê:
“Kyk! Dit het aan jou lippe geraak.
Jou skuld is weggeneem,en daar is vir jou sonde versoening gedoen.”
8 Toe het ek die stem van Jehovah hoor vra: “Wie sal ek stuur, en wie sal vir ons gaan?”+ En ek het gesê: “Hier is ek! Stuur my!”+
9 En hy het gesê: “Gaan sê vir hierdie volk:
‘Julle sal keer op keer hoor,maar julle sal nie verstaan nie.
Julle sal keer op keer sien,maar julle sal geen kennis verkry nie.’+
10 Maak die hart van hierdie volk ongevoelig,+laat hulle ore toegaan,+en maak hulle oë toe,sodat hulle nie met hulle oë sienen met hulle ore hoor nie,en sodat hulle hart nie verstaan nie,en sodat hulle nie terugdraai en genees word nie.”+
11 Toe het ek gevra: “Hoe lank, o Jehovah?” En hy het gesê:
“Totdat die stede verwoes en sonder inwoners isen die huise sonder mense isen die land verwoes en verlate is;+
12 totdat Jehovah die mense ver weg laat gaan+en daar groot verlatenheid in die land is.
13 “Maar daar sal nog ’n tiende daarin oor wees, en dit sal weer verbrand word, soos ’n groot boom en soos ’n eikeboom, waarvan daar ’n stomp oorbly nadat dit afgekap is. Die stomp sal ’n heilige saad* wees.”